
Dit is belangrik dat die boer die volgende in ag neem met die aanplant van lusern om te verseker dat hy die beste opbrengs moontlik behaal. GRONDSTATUS Doen grondontledings om grondstatus te bepaal en maak regstellings vroegtydig om tekorte aan te vul. Is daar ’n moontlikheid van siektedruk vanaf die vorige gewas wat lusern se ontkieming en jong saailinge kan beïnvloed?
Moet verkieslik nie lusern op lande vestig waar daar die vorige twee jaar lusern was nie – plant eerder ’n breukgewas aan om moontlike siektedruk te verminder. Hooigewasse soos tef en hawer is goeie opsies, of kontantgewasse soos koring en mielies. Sommige onkruiddoders se aktiewe bestanddele kan ’n residu in die grond agterlaat wat lusern se afsterwing veroorsaak as die wortels dit begin opneem. Pas dus vroegtydig die regte spuitprogram toe indien ’n lusernaanplanting beoog word.
Gebied en klimaat
Dag- en nagtemperature en die koue-intensiteit van winters verskil baie tussen gebiede. Hoe kouer die gebied, hoe laer moet die dormansieklas wees wat gekies word. Laer dormansies gaan vroeër in dormansie in en het ’n langer rustydperk as hoër dormansies. Dit help dat hulle langer sal oorleef. Die hoër dormansies (9-10) word in drie- tot vyfjaar-rotasiestelsels gebruik en die laer dormansies (6-7) in drie- tot agtjaar-rotasiestelsels.
Plant en bestuur
Beplan en berei grond goed voor sodat jy in ’n fyn en ferm saadbedding kan aanplant. Die optimale planttyd hang van die omgewing se temperature af, maar die optimale plantdatums onder besproeiing is normaalweg van April tot Mei. In baie gevalle word aanplantings selfs later suksesvol gedoen, maar kies die warmer weke om koueskade aan jong saailinge te voorkom.
Lente-aanplantings is moontlik, maar verstaan die risiko’s wat hiermee gepaard kan gaan, soos windskade aan saailinge, ondoeltreffende besproeiing weens wind en onkruiddruk. Droë landaanplantings is algemeen en hier is laer dormansies baie doeltreffend. In die geval van besproeiing bepaal die hoeveelheid water wat jy per week kan gee, ook die dormansieklas.
Wat watergehalte betref, is die vraag of waterontledings gedoen is om die soutinhoud en gehalte van besproeiingswater te bepaal. Kies ’n soutverdraagsame kultivar indien water effens brak is. Die snyintervalle moet by jou bestuursplan inpas. Daarom is dit ’n belangrike oorweging tydens kultivarseleksie.
Barenbrug-opsies
Barenbrug bied boere die onderstaande kultivars wat in Australië geteel en geselekteer is, en in plaaslike toestande getoets en beproef is. BAR 7 is uiters geskik vir droë landaanplantings, asook intensiewe besproeiingstelsels waar ’n langer rotasiestelsel verlang word. Danksy sy breë, plat kroon is BAR 7 uiters geskik vir beweiding en meer bestand teen die raaksny van hergroei.
BAR 7 kan by laer pH’s aangeplant word. Tans is BAR 7 Barenbrug se topverkoper en ’n moet vir elke lusernboer. BAR ST verskaf uitstekende voer- en hooigehalte, opbrengste en langlewendheid. BAR ST bied ’n verbeterde brakverdraagsaamheid vir ontkiemende saailinge vergeleke met ander kultivars. Dit kan ’n beter vestiging moontlik maak in gebiede waar matige braktoestande vestiging beperk.
BARALFA 10 is ’n ho produksiekultivar wat geteel is uit die toppresteerders in Australië en Amerika. Dit toon vinnige vestiging en bied ’n hoë voeropbrengs regdeur die jaar. Dit kan aangepas word by verskeie boerderystelsels wat hoë prestasie vereis. BARALFA 10 presteer goed in warmer produksiegebiede, en is die plaasvervanger vir BAR 10.
BAR 10 se kerneienskap is die verbeterde blaardigtheid op die lengte van elke stam. Met hierdie verbeterings is dit uitstekend aangepas vir Suid-Afrikaanse boerderystelsels. Die pakket wat Barenbrug vir ’n boer bied, voldoen aan alle vereistes en moontlike bestuurskwessies. By Barenbrug is die klem op seleksies vir langlewendheid en siekteweerstand, wat beteken meer plante per vierkante meter wat oorleef en ’n verhoogde opbrengs tot gevolg het.
’n Hoër opbrengs beteken meer wins. Vir ’n lusernkultivar wat gehalte, siekteweerstand en aanpasbaarheid bied, hoef jy nie verder as Barenbrug te soek nie.