AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9384
0,00
CORN
03 Okt
-
4797
0,00
SOYA
03 Okt
-
9314
0,00
SUNS
03 Okt
-
10079
0,00
WEAT
03 Okt
-
7065
0,00
WMAZ
03 Okt
-
4845
0,00
YMAZ
03 Okt
-
4793
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Maak reg vir die Bieliemieliefees!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Feesgangers kan die nuutste landbouwerktuie besigtig op vanjaar se VKB Bieliemieliefees wat op 24 Februarie op Reitz in die Vrystaat begin. FOTO: VERSKAF
Feesgangers kan die nuutste landbouwerktuie besigtig op vanjaar se VKB Bieliemieliefees wat op 24 Februarie op Reitz in die Vrystaat begin. FOTO: VERSKAF
Nadat covid-19 laas jaar se planne in die wiele gery het, kan mense weer hul feeshoede afstof vir die VKB Bieliemieliefees.

Die VKB Bieliemieliefees se organiseerders kan nie meer wag vir Februarie 2022 nie. Nadat die covid-19-pandemie hulle van 2021 se fees ontneem het, is alles nou feitlik gereed vir besoekers.

Die uitstallers se vee is vet gevoer, die pryse vir die verskillende kompetisies waaraan skougangers kan deelneem, staan gereed en die gaskunstenaars jeuk om weer in lewende lywe voor gehore op te tree.

Die Bieliemiefees is die Vrystaat se vierde grootste fees en lok jaarliks sowat 17 000 mense.

Vir die 42ste fees kan besoekers verwag om uitstallings van die nuutste landbouwerktuie, die mooiste skape op die SA Vleismerino-skou, boere se heel beste vee in die kuddekompetisie, die ramveiling en die beesuitstalling te sien, en ook sommer kyk wie die swaarste vrag wol kan dra.

Wat word aangebied?

Soos nou al tradisie is, is daar vir feesgangers van alle ouderdomme voorsiening gemaak. Die kleingoed sal in die pretpark vermaak word, terwyl hul pa’s uitstallings van die werktuie besoek en ma’s by die stalletjies rondsnuffel of voet-, hand- of nekmasserings in die vrouesaal kry.

Hoewel dit al klaar baie pret is, is daar heelwat meer op die program.

Lekker pryse is op die spel vir mense wat glo hulle kan die gewig van ’n bul reg skat, asook in Bieliemielie’s Got Talent, speenvark vang en hope ander. Moet ook nie vergeet van die boeresport en skattejag nie. Hierdie vermaak lok elke jaar groot belangstelling.

Wanneer die kleinspan moeg gespeel is in die pretpark, kan hulle hul gesigte laat verf en hulle kry ook die kans om die storiekarakters Dienkie en Doedels te ontmoet.

Saans is konserttyd en kunstenaars soos Drie van die Bestes, Jan Jan Jan, Christia Visser, Appel, Riana Nel, Riaan Benade, Early B, Ivan Roux, Bernice West en Sunset Sweatshop gaan feesgangers vermaak.

Sportgeesdriftiges kan op Saterdag 26 Februarie deelneem aan die Bieliemielie-marathon, wat ’n kwalifiserende wedloop vir die Comrades én die Two Oceans is. Atlete kan uitsien na ’n pragtige roete, hetsy hulle aan die 5 km- of 10 km-pretdraf, die halfmarathon of die marathon deelneem.

Dan is daar ook ’n krieketwedstryd, bergfietswedren, visvang-, gholf- en skietkompetisie waar groot pryse gewen kan word. Die Bulletjie-rugby- en mini-netbal-wedstryde lok elke jaar groot belangstelling.

Waar en wanneer?

Die VKB Bieliemieliefees word van Donderdag 24 tot Sondag 27 Februarie op die feesterrein op Reitz in die Vrystaat aangebied. Kaartjies is beskikbaar op Computicket. Hierdie is mielie-, soja- en sonneblomwêreld en die boeregemeenskap is so gasvry as kan kom. Kom kuier saam!


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.0%
Rand - Pond
20.06
+0.5%
Rand - Euro
17.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,662.50
+0.1%
Silwer
19.20
+0.9%
Palladium
2,166.73
+0.0%
Platinum
867.03
+0.3%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot