
Geniet jy graag ’n lekkerlees-tydskrif? Ontdek al jou gunstelingtydskrifte en hul programme en kursusse in ons opwindende nuwe aanlyn winkel.
Die Media24-winkel is die een plek waar jy al Media24 se tydskrifte kan kry – van glanstydskrifte en prettige woordsoektydskrifte tot opvoedkundige tydskrifte en eenmalige, spesiale uitgawes soos Huisgenoot se Storie van My Lewe, of die spesiale Kersfees 2021-uitgawe deur Herman Lensing, wat propvol feestelike idees is.
Maar jy kry nie net tydskrifte nie. Daar is ook die Play & Learn-afdeling, waar al die Media24-tydskrifte se kursusse en leefstylplanne beskikbaar is. Of jy nou meer wil leer oor fotografie, of gesonder eet en meer oefen, jy kan dit in die winkel kry.
Kom staan gerus voor ons virtuele rak met van die heel nuutste tydskrifte wat by jou deur afgelewer sal word – en voel hoe jy ontspan, want jy hoef nooit weer ’n uitgawe mis te loop nie. Daarby is die rak propvol dinge wat jy as geskenke kan gee, want om ’n gehaltetydskrif present te gee, beteken eintlik jy gee iemand ’n pakkie inspirasie in die hand.
Bestel in drie maklike stappe:
- Kyk deur die versameling
- Sit ’n tydskrif of kursus in jou trollie (kies ‘add to cart’)
- Betaal
Besoek die Media24-winkel en ontdek jou nuwe gunsteling VANDAG nog!