AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Mik vir goud met dié produkte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
S-metolachloor, die aktiewe bestanddeel in DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD, is nie ’n nuwe aktiewe bestanddeel nie, maar dit bly ’n toppresteerder.

Metolachloor is in 1972 ontdek en bestaan uit die isomere CGA-77101 en CGA-77102 in ’n 1:1-verhouding. Wetenskaplikes van Syngenta het vasgestel dat CGA-77102 tot 15 keer meer aktief as CGA-77101 is en grotendeels verantwoordelik is vir onkruiddodende aktiwiteit.

Op grond hiervan het chemici metolachloor op unieke maniere hersintetiseer om ’n nuwe produk met ’n verhouding van 9:1 in die guns van die aktiewe isomeer te ontwikkel.

Dié innovasie, S-metolachloor, word as DUAL GOLD® en METAGAN ® GOLD bemark en bied dieselfde grasonkruidbekamping, maar met 35% minder aktiewe bestanddele. 

Doeltreffend

Metolachloor en S-metolachloor is net twee van die aktiewe bestanddele in die α-chloorasetamiede-groep. Van die ander aktiewe bestanddele in dieselfde groep wat in Suid-Afrika beskikbaar is, is acetochloor, alachloor en dimeteenamied-P. Dié  bestanddele word deur die koleoptiel van ontkiemende grasse opgeneem en moet dus voor opkoms toegedien word.

α-Chloorasetamiede val in die groep 15-onkruiddoders (voorheen bekend as K3) wat werk deur die sintese van baie lang vetsure te inhibeer. Dit beteken dat die ontkiemende onkruidsaad nie groter selle kan ontwikkel en selverdeling ondergaan nie. Die gevolg is ’n verwronge en verpotte saailing wat nie kan oorleef nie.

Hoewel alle α-chloorasetamiede dieselfde werkwyse het, is hulle geensins eenders of ewe doeltreffend nie. Elke middel het sy eie kenmerke wat in groot mate bepaal hoe doeltreffend dit is.

Die TABEL toon dat die wateroplosbaarheid van metolachloor, asook DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD, in die middel van die spektrum val. Dit beteken die middels los geredelik in water op en is gereed om deur die wortels en lote van die ontkiemende onkruidsaad opgeneem te word.

syngenta tabel

DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD se mediumsterkte binding aan grond is optimaal vir adsorpsie. Adsorpsie wat te laag is, veroorsaak uitermatige loging van die aktiewe bestanddeel. Wanneer dit te hoog is, sit die aktiewe bestanddeel in die grondkolloiëde vas en is dit nie beskikbaar om deur die onkruid opgeneem te word nie. Daarom het DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD ’n mediumlogingsindeks, wat beteken dit bly langer in die onkruid se ontkiemingsone.

Acetochloor en alachloor se lae wateroplosbaarheid maak dit moeilik vir die onkruid om die aktiewe bestanddeel op te neem. Albei hierdie bestanddele bind ook sterk aan die grond en is dus minder beskikbaar vir die ontkiemende onkruid.

’n Besonder hoë wateroplosbaarheid en ’n relatief swak binding aan die grond, soos in die geval van dimeteenamied-P, sal tot oormatige loging en ’n gebrek aan die aktiewe bestanddeel in die sone waar dit benodig word, lei.

DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD se halfleeftyd is ’n derde langer as metolachloor

s’n en meer as dubbel dié van die ander α-chloorasetamiede. DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD lewer dus die langste nawerkende grasonkruidbekamping van alle α-chloorasetamiede. 

Gewasveiligheid

Wanneer S-metolachloor deur ’n gewas opgeneem word, word dit deur die ensiemstelsel glutatioon-S-transferase (GST) afgebreek tot ’n onaktiewe vorm. Mielies bevat heelwat meer GST as vatbare onkruidspesies en kan dus S-metolachloor metaboliseer sonder om skade op te doen.

Syngenta verstaan die GST-proses en het verdere stappe gedoen om S-metolachloor

werklik veilig en doeltreffend te maak. Die resultaat is benoksakor, ’n beveiliger in DUAL GOLD® wat mielieplante stimuleer om meer GST te produseer sodat hulle selfs in suboptimale weerstoestande skade vryspring tydens vooropkomstoedienings.

Benoksakor se eienskappe stem grootliks met dié van S-metolachloor ooreen. Die beveiliger beweeg dus saam met DUAL GOLD® in die grondprofiel en word gelyktydig deur die gewas opgeneem.

METAGAN® GOLD bevat nie benoksakor nie en is ontwikkel om grasonkruid te bestry ná mielies opgekom het, maar voor die grasse kop uitsteek. METAGAN® GOLD is ook vir 15 ander gewasse geregistreer – van sojabone en sonneblom tot aartappels. 

DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD is van die veiligste grasonkruiddoders wat by

mielies gebruik kan word. Dit is ook voorkeurprodukte vir wisselboustelsels. DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD word al langer as 40 jaar kommersieel gebruik.  

DUAL GOLD® bevat S-metolachloor (reg.nr. L5749, Wet 36 van 1947) Skadelik. METAGAN® GOLD bevat S-metolachloor (reg.nr. L5748) Skadelik.

DUAL GOLD® en METAGAN® GOLD is geregistreerde handelsmerke van die Syngenta-groep van maatskappye. 

NAVRAE: Web: www.syngenta.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot