AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Mpumalanga-skou: Die groot handel- en familieskou is terug!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit was ’n lang twee jaar sedert die begin van covid-19, maar die Mpumalanga-skou is weer terug!

Die jaarlikse Mpumalanga-skou het ten doel om die provinsie se erfenis te vier en weer eens geleenthede te skep om individue, belanghebbendes en Mpumalanga as geheel te bevoordeel. Vanjaar sal die vierde Mpumalanga-landbouhandel-en-familieskou plaasvind van 24 tot 27 Augustus 2022 by die Mbombela-stadion in Mbombela (Nelspruit.)

Die Mpumalanga-skou sal die beste van Mpumalanga ten toon stel met ’n spesiale klem op die landbou, bosbou, mynbou, toerisme en natuurlewe. 

Die skou sal spog met landbou- en bosboumasjinerie, motorhandelaars, unieke uitstallings en kosstalletjies, verskillende diererasse, verskeie kompetisies, vertonings en demonstrasies, kulturele dansgroepe en ekstreme en regstreekse vermaak.

Die Mpumalanga-skou sal twee skooldae hê op 24 en 25 Augustus 2022. Skoolgroepe sal die geleentheid kry om die skou te besoek vir ’n beplande toer. Hul besoek sal die vee-area met al die diere insluit. Skole moet vooraf registreer. Registrasievorms is op die webwerf www.thempushow.co.za beskikbaar.

Sperdatum vir skoolregistrasies: Maandag 1 Augustus 2022.

Vee

’n Nuutjie vir die skou is ’n bul-rodeo in die vee-arena. Ruiters sal hul vaardighede op agt bulle toets en kyk wie die langste kan bo bly. Demonstrasies sal op Woensdag 24 en Donderdag 25 Augustus plaasvind, met twee vertonings per dag op Vrydag 26 en Saterdag 28 Augustus. Aksie in oorvloed en ’n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie!

Verskillende rasse van plaasdiere soos beeste, skape, bokke, hase, duiwe en pluimvee word ten toon stel.

Perdryspeletjies soos vaatjiewedrenne, spoedpatroonwedrenne en tydspeletjies vir ruiters én perde sal gehou word. Perde wat aan hierdie byeenkoms deelneem, moet vinnig wees, maar ook rats genoeg om vinnig in volle vaart te stop, om te draai en direk terug te hardloop. 

Regstreekse vermaak op die hoofverhoog sal die volgende kunstenaars insluit:

Woensdag, 24 Augustus – Saterdag, 27 Augustus

Juanita du Plessis, Demi-Lee Moore, Ray Dylan, Bok van Blerk, Ndlovu-jeugkoor, Jan Jan Jan, Refentse, Touch of Class, Micasa, Franja, Ruan Josh, Snotkop, Rikus Nel, Campbell, Siki Jo-An, Droomsindroom, Rooksein, Armand Hofmeyr, Simone, Van Pletzen, J’sen Brown, Hennie & die Kitaarkêrels en kulturele dansgroepe.

Hoogtepunte vir 2022 sal insluit:

’n Groter kinderspeelpark (mallemeule) met ’n vlooimark.

Super Inflatable Adventure Island – die eerste keer in Mpumalanga.

Monstertrokvertonings, insluitende drifting and dyno-karre.

Le Rich- elektriese motorfiets: waagtoertjievertonings.

Stoei.

Perdryspeletjies, insluitende vaatjiewedrenne, spoedpatroonwedrenne en perdespring.

Vee-uitstallings, insluitend beeste, skape, bokke, hase, hoenders.

’n Ander soort sirkus, sonder diere – insluitende snaakse narre, sweefstokvertonings, lugartieste (Balancers to Death), Globe of Death, vuurvreters, koordlopers, goëlaars en towenaars.

Wilde diere by die skou sal insluit ’n slang- en reptielpark en ‘n vertoning met lewende krokodille.

4x4-hindernisbaan.

Kompetisies:

Aweh-braaikompetisie, visuele kunskompetisie vir volwassenes, koekkompetisie, Mej. Mpumalanga-skou-ambassadeur.

Kompetisies:

a. Vanjaar word ’n groot visuele kunsuitstalling vir volwassenes aangebied. Hannes Scholtz van The Greater Kruger-kunsvereniging nooi alle kunstenaars om te kom uitstal en in te skryf vir die visuele kunskompetisie. Groot pryse op die spel.

b. ’n Aweh-braaikompetisie word aangebied met die bekende Vaatjie van Toks & Tjops as een van die beoordelaars. Die aanvanklike beoordeling is op Donderdag 25 Augustus en die eindronde met ’n “verrassingsboks met ’n twist” op Saterdag 27 Augustus 2022.

c. Besonderhede van die koekkompetisie sal binnekort bevestig word.

Daar sal vir al die besoekers aan die skou ’n veilige parkeer-en-ry-diens wees vanaf Halls tot by die hoofingang van die stadion. Sekuriteit en motorwagte sal op die terrein wees. Daar sal ook oorgenoeg parkeerplek wees op die sokkerveld oorkant die hoofhek.

Binne die terrein sal die HOP & STOP LNR-skoupendeldiens daagliks beskikbaar wees. 

Die skou ondersteun plaaslik en nooi alle maatskappye in die Laeveld om te kom spog met hul besighede en die buitelewe saam met hul gesinne te kom geniet.

Besoek die webwerf www.thempushow.co.za of Mpumalanga-skou se Facebook-blad vir nog inligting of navrae oor kaartjies, inskrywingsregistrasievorms of kontakbesonderhede.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot