AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Mylpaal vir afslaers met rekordprys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SER 19-32 het die nuwe nasionale rekord vir ’n vroulike Brahman behaal toe sy vir R1,2 miljoen op die Prima Genetika-veiling by Modimolle verkoop is. Sy is deur mnr. Marius de Beer (links) van Keerom Brahmane gekoop. By hom is mnr. Jan Serfontein van Serfbred Brahmane, die verkoper. FOTO: MARIEKE SNYMAN
SER 19-32 het die nuwe nasionale rekord vir ’n vroulike Brahman behaal toe sy vir R1,2 miljoen op die Prima Genetika-veiling by Modimolle verkoop is. Sy is deur mnr. Marius de Beer (links) van Keerom Brahmane gekoop. By hom is mnr. Jan Serfontein van Serfbred Brahmane, die verkoper. FOTO: MARIEKE SNYMAN
André Kock en Seuns Limpopo Lewendehawe-afslaers het ’n uitsonderlike mylpaal met die opveil van ’n Brahman-koei bereik.

Met die rekordprys vir ’n Brahman-koei wat onlangs op ’n veiling op Modimolle betaal is, het André Kock en Seuns Limpopo Lewendehawe-afslaers ook ’n uitsonderlike prestasie behaal deur die houer te word van al die hoogste Brahman-pryse in Suid-Afrika.

Die dragtige koei, SER 19-32, is op Saterdag 19 November 2022 vir R1,2 miljoen opgeveil op die Prima Genetika-veiling by Castle de Wild buite Modimolle, Limpopo. Hierdie veiling het topgehalte-diere van slegs 16 elite-telers aangebied. Alle diere is uitgesoek en goedgekeur deur mnr. Marius Barkhuizen, senior interrasbeoordeelaar en Brahman-keurder. Agt Brahman-bulle en 42 vroulike Brahman-diere is beskikbaar gestel.

“Die diere se gehalte is van die beste in Suid-Afrika en die veiling het goeie gemiddelde pryse opgelewer,” het mnr. Paul van Vuuren jr., afslaer vir die dag, ná die veiling gesê.

Brahman
Gehalte-diere van slegs 16 elite-telers is op die Prima Genetika-veiling aangebied. FOTO: MARISA BEETON

Die hoogtepunt van die dag was beslis die rekordbedrag vir die koei. Die bedrag wat betaal is, byna dubbel soveel as die vorige rekord van R540 000, is verlede jaar op dieselfde veiling deur haar ma, SER 16-1, behaal. “Ons vat hierdie prys met ’n groot glimlag,” het Van Vuuren gesê.

SER 19-32 en SER 16-1 is albei deur mnr. Jan Serfontein van Serfbred Brahmane in Potchefstroom, Noordwes, verkoop. Mnr. Marius de Beer van Keerom Brahmane in die distrik Dwaalboom was die koper van SER 19-32.

“Sy het diepte en lengte, en is gedek is deur ’n uitstekende bul: SER 20-65,” het De Beer oor sy kopie gesê. Hy beoog om haar te spoel vir embrio’s.

Me. Carla de Kock, kuddebestuurder vir Serfbred Brahmane, was meer as tevrede met die prys wat hulle gekry het. “Jy huil ’n bietjie as jy so ’n bees verkoop, maar ons is beslis baie tevrede.”

Sy het bygevoeg dat daar min vroulike Brahmane soos SER 19-32 is. “Sy is dragtig met teelmateriaal wat byna onbekombaar is in Suid-Afrika. Die bul SER 20-65 (Mr. Blue Diamond) is geteel uit JDH Thor 380.”

Van Vuuren beskryf SER 19-32 as een van die beste vroulike diere beskikbaar. Hy het gesê dit is een van die redes waarom sy so ’n uitstekende prys behaal het. “Dít en ook omdat sy vir ’n spesifieke doel gekoop is.”

Brahman
Meer as 220 mense het vanjaar se Prima Genetika-veiling by Modimolle bygewoon. Die veiling is deur André Kock en Seuns Limpopo Lewendehawe-afslaers behartig. FOTO: MARIEKE SNYMAN

SER 19-32 se R1,2 miljoen was die hoogste prys op die dag. Die duurste bul, GPC 17-16, is vir R300 000 aan mnr. Joe Klopper van Jes-C Brahmane verkoop. Die verkoper was mnr. Gawie Coetzee van GPC Brahman.

Mnr. Rohan Beukes, een van die organiseerders van die veiling, het gesê meer as 220 mense het die veiling bygewoon teenoor verlede jaar se sowat 180. “Ons is baie tevrede met die opkoms en ook met die pryse wat behaal is. Dit was ’n realistiese veiling met goeie pryse vir gehalte-diere.”

Veiling-resultate: Stoetbul: Hoogste bot: R300 000; gemiddeld: R147 000. Dragtige koei met kalf: Hoogste: R225 000; gemiddeld: R147 000. Koei met kalf: Hoogste R90 000; gemiddeld R54 400. Dragtige koei/vers: Hoogste R1 200 000; gemiddeld R165 000.

Die volgende Prima Genetika-veiling sal op 23 Oktober 2023 plaasvind.

Navrae:
André Kock en Seuns Limpopo Lewendehawe-afslaers, webblad: www.andrekocklimpopo.co.za; e-pos: andrekocklimpopo@sastud.co.za.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot