
Landbouweekblad het ’n nuwe toepassing waar lesers kan afslag kry op ’n klomp noodsaaklike en lekker dinge – jy kan tot R7 000 bespaar. Daar is sekere ondernemings en dienste wat net die landbougemeenskap waarlik kan waardeer en gebruik.
Afslaghoekie is Landbouweekblad se nuwe toepassing waar besighede juis sulke spesiale aanbiedinge en koopbewyse aan lesers bied. Maar dan is daar ook dinge wat vir enigiemand (boer of nie!) lekker is. Dink maar aan ’n Takealot.com-geskenkbewys, of afslag op ’n ete by Nando’s...
Wat kos dit?
Afslaghoekie is vir almal wat Landbouweekblad lees en geniet, nie net intekenare nie. Maar intekenare kry die diens en al sy aanbiedinge heeltemal GRATIS. As jy ’n intekenaar is, sal jy ’n spesiale kode ontvang om te gebruik wanneer jy die toepassing aflaai en ’n rekening skep. As jy nog nie ’n intekenaar is nie, kan jy toegang tot die afslagkoepons kry teen R200. En dis steeds ’n winskopie, want daar is tot R7 000 se waarde in dié toepassing se aanbiedinge opgesluit.
Wat kry jy?
Afslag van tot R7 000 se waarde by plekke soos:
- Nando’s
- Takealot.com
- Kejafa Knowledge Works
- Tripple Hydro & Energy
- Agri Skills Transfer
- BoysToys
En nog vele meer!
Gebruik dit so
1. Laai Afslaghoekie af in jou foon se toepassingwinkel, bv. Google Play of die Apple App Store.
2. Teken in of meld aan. As jy ’n intekenaar is, maak seker jy het jou unieke afslagkode byderhand om seker te maak dit is gratis.
3. Gebruik jou koopbewyse!
Intekenaars wat probleme het om hul afslagkode te gebruik óf vergeet het, kan vir Corli van der Merwe kontak by cornelia.vdmerwe@landbou.com.