AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

’n Dekade van welvaartverwoesting

akkreditasie
 Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Dis moeilik om te glo dat die 2010-Sokkerwêreldbekertoernooi al meer as 10 jaar gelede plaasgevind het. Tóé was die vlak van optimisme in Suid-Afrika tasbaar hoog en die toekoms het gewink. Die rand het onder die vlak van R7 teen die Amerikaanse dollar verhandel, die JSE was een van die bespresterende markte ter wêreld en die Suid-Afrikaanse toerismebedryf het sy hande in afwagting gevryf vir die toerisme-dividend wat gewoonlik ná ’n wêreldbekertoernooi volg.

Hoe skeef het dinge nie geloop nie? Die rand verhandel tans rondom R15/$ nadat dit te midde van die covid-19-pandemie tot so hoog as R19,35/$ gedaal het. Die JSE het oor die afgelope 10 jaar nie veel reële groei getoon nie, pensioenfondse sukkel om die inflasiekoers te klop, terwyl eiendomspryse – kommersieel en residensieel – feitlik geen nominale groei getoon het nie en met amper 50% gedaal het.

Kortom, die meeste Suid-Afrikaners het ’n werklike en tasbare verlaging van hul welvaart ondervind.

Hierdie neiging is reeds te sien in die trajek van baie ekonomiese aanwysers, insluitende lidmaatskap aan mediese fondse, nuwe motorverkope, huisaankope, die skokkende werkloosheidsyfers wat verlede week aangekondig is, en vele ander.

Wat was die oorsake en wat kan beleggers doen? 

Internasionale faktore vanaf 2011 tot 2015, in die vorm van ’n skerp daling in die kommoditeitsiklus, was die begin van Suid-Afrika se probleme. Die regering het geglo die golf van stygende kommoditeitspryse sal onbeperk voortduur en het geld bestee asof daar nie ’n einde sal wees nie.

Hierdie neiging is vererger deur die staat se inmenging in feitlik alle sektore van die ekonomie, staatskaping en ander binnekring-korruptes wat geld op groot skaal begin stroop het.

Die afdanking van die destydse minister van finansies, mnr. Nhlanhla Nene, in Desember 2015 deur oud-pres. Jacob Zuma was egter vir baie buitelandse beleggers die finale strooi en sedertdien het dié beleggers geld aan Suid-Afrika onttrek.

Vanaf 2015 tot vandag is die uitvloei van kapitaal reeds meer as R650 miljard, wat groeivooruitsigte grootliks negatief beïnvloed. Teen hierdie agtergrond het die JSE feitlik geen groei aan Suid-Afrikaanse beleggers gebied nie, met die uitsondering van ’n kort periode van Oktober 2020 tot April 2021.

Dieselfde geld pensioen- en aftreefondse. Gemeet aan inflasie en koste het die gemiddelde pensioen of private aftreefonds die afgelope agt jaar geen opbrengs aan lede gebied nie. Een van die redes hiervoor is dat hierdie fondse se buitelandse blootstelling tot 30% beperk word.

Beleggers met geld in aftree-annuïteite (UA) en bewaringsfondse (oor die ouderdom van 55) kan daadwerklik stappe doen om hierdie situasie te beredder en beter uitkomste te verseker.

Een strategie is om die UA te onttrek, een derde in kontant te onttrek en oorsee te belê. Die balans van die twee derdes word dan gebruik om ’n lewende annuïteit aan te skaf waarvan die belegger – na gelang van sy risikoprofiel – tot 100% in die buiteland kan belê.

Hierdie strategie werk baie goed en beleggers het ’n wesenlike verhoging in kapitaalgroei (en ook inkomste oor tyd) verdien.

’n Ander opsie wat ook gebruik kan word met bewaringsfondse is ’n volledige onttrekking (met betaling van belasting) en dan die geld oorsee te skuif. Daar is kommentators wat daarteen waarsku, maar in baie gevalle hou so ’n skuif groot voordele in.

Mnr. Magnus Heystek is beleggingstrateeg by Brenthurst Wealth.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot