AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

’n Goeie jaar lê vir die Angus voor

akkreditasie
Ná die afgelope paar moeilike jare wat die bedryf beleef het, is die Angus-beestelersgenootskap dankbaar vir sy lede se ondersteuning en sien uit na wat die toekoms inhou, skryf mnr. Basie Bezuidenhout, voorsitter van die Angus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika.

Dit is ’n plesier om ’n paar gedagtes oor te dra. Baie dankie aan al ons medetelers vir jul vertroue en ondersteuning die afgelope jaar. Baie dankie aan die uittredende lede vir jul ondersteuning en insette.

Met dank aan ons Skepper het ons as boere, en veral Angus- boere, sekerlik een van die beste jare die afgelope dekade of meer ervaar. Ons is dankbaar vir die goeie reën en vertrou dat daar spoedige verligting sal kom in daardie gebiede waar dit steeds baie droog is. Dankie ook namens boere in nood wat hulp van medeboere ontvang het – kom ons doen so voort!

Steeds goeie gehalte 

Die afgelope 23 maande was moeiliker as wat ons verwag het. Die boeregemeenskap het egter toegewyd gebly en speenkalfpryse is steeds goed. Ons is bevoorreg met die groot vraag na Angus-beeste, veral na vroulike diere. Baie geluk aan al die telers met die goeie gehalte van diere wat op die mark was en die goeie pryse wat hulle vir hierdie diere behaal het.

Poenskopdiere het belangriker as ooit tevore geword vanweë kwessies met kalftyd. Dit is net een van die vele voordele van die Angus-ras. Dit bly die verantwoordelikheid van stoettelers om doeltreffende bulle vir die kommersiële mark te teel. Dit lei onvermydelik daartoe dat boere en voerkrale beter geld verdien en na ons toe terugkom om weer bulle te koop – dit is die siklus wat ons verwelkom.

Met die Angus Beef Company as deel van die genootskap, daag die raad sy telers uit om betrokke te raak en die kommersiële boere te oortuig om hul speenkalwers deur die Angus-program te bemark. Dit is voordelig vir hulle én vir ons.

Dankie vir die werk wat die Angus Beef-verteenwoordigers mnr. RC Malherbe, me. Issie Liebenberg, mnr. Danie Dames, me. Celeste van der Merwe en sommige van ons telers doen.

Wat lê voor?

Ons sien uit na 2022 se nasionale skou in Bloemfontein op 3-4 Augustus. Dit is mos asof ons iets misgeloop het as gevolg van covid-19. Baie sterkte aan die skoukomitee wat reeds met reëlings begin het.

Ons versoek ons lede om hulle te ondersteun deur te help met die verkryging van borge en dan om die skou te ondersteun. Ons wil ook elke kommersiële teler uitnooi om deel te word van ons nasionale skou en die twee dae saam met ons te kom geniet.

Baie dankie aan die raad en ons personeel vir hul ondersteuning. Ons wens u en u families ’n voorspoedige jaar toe en sien uit na die geleenthede van 2022. Ons het ’n plan – kom ons maak dit groot!

Klik HIER om die Angus-bylaag, wat deel is van Landbouweekblad van 19 Mei 2022, te lees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot