AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

’n Gras van Afrika, vir Afrika

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Danksy die uitstekende gehalte van nuwe kultivars, soos Endura, kan die boer nie ’n fout begaan met sy volgende rhodesgras-aanplanting nie.

Rhodesgras (Chloris gayana) is ’n blaarryke, kortlewende, meerjarige gras wat afkomstig is van die oewer van die Zambezirivier. Dit is ’n subtropiese gras wat deur middel van uitlopers versprei en het die vermoë om vinnig te vestig, die grond te bedek en sodoende ook erosie te bekamp.

Rhodesgras is wyd aanpasbaar en word gebruik vir hooimaak, somerweiding, grondherstel en meerjarigegewas-rotasies in subtropiese en tropiese gebiede. Dit is baie smaaklik vir beweiding met vee en het goeie hergroei. Dit is ook geskik vir perde en skape omdat dit strawwe beweiding kan deurstaan en nie maklik stokkerig raak nie.

Navorsing dui op ’n drakrag van 2 GVE/ha/jaar onder droëlandtoestande. Rhodesgras moet in die regte stadium bewei word vir optimale diereproduksie. Die mikpunt is om ’n balans te vind tussen gehalte en opbrengs. Hierdie stadium verskil van plek tot plek en word deur die bemestingsprogram beïnvloed.

In die gemiddelde somerreëngebied is die balans ’n weidingrotasie van ongeveer vier weke, soos gesien kan word in GRAFIEK 1. Om die leeftyd van die gras te verbeter, word aanbeveel om dit een keer per seisoen saad te laat skiet om die saadbank in die grond op te bou.

Barenbrug grafiek 1

Rhodesgras pas uitstekend in ’n gewasrotasie van twee tot vier jaar. Dit is standaardpraktyk vir tabakboere in Suid-Afrika om dit te gebruik in rotasie met ander kontantgewasse. Die gras pas goed in dié stelsel omdat dit maklik vermeerder, koolstof in die grond opbou, as ekstra voer vir vee dien en die voordeel het dat dit nie ’n gasheer vir knopwortel-aalwurm is nie.

Endura is Barenbrug se nuwe vlagskip-rhodesgras wat uit die kultivar Tolgar geselekteer is, met ’n beter stoelvermoë en verhoogde blaar-tot-stingel-verhouding. Endura het dunner stingels en ’n hoër soutverdraagsaamheid as die bekende kommersiële kultivar Katambora. Endura is geteel vir optimale diereproduksie, het ’n beter langlewendheid as die ander kultivars, met ’n groot klem op gehalte.

Die boer kan Endura benut voor die aanvang van vroeë blom om die meeste uit die gras te kry vir sy diere. Die verteerbaarheid van die gras is besonder goed met ’n laer neutraalbestande vesel en hoër proteïeninhoud as Katambora (sien GRAFIEK 2 ).

Barenbrug grafiek 2

Die neutraalbestande vesel en ruvesel dui daarop dat Endura baie makliker verteerbaar is. Die hoër proteïeninhoud toon ook die gras is voedsamer. Endura is later as ander kultivars, wat beteken dit bly langer vegetatief en behou dus gehalte tot later in die seisoen.

Rhodesgras is ’n inheemse en aanpasbare gras wat uiters geskik is vir Afrika en plaaslike toestande. Met nuwe kultivars, soos Endura, se gehalte is dit die verstandige keuse vir jou volgende rhodesgras-aanplanting, veral as optimale diereproduksie jou doel is.

Kontak jou naaste Barenbrug-verteenwoordiger vir nog inligting.

NAVRAE: Mnr. Abel Nell, +27 (0)71 164 6496,ahgnell@barenbrug.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.04
+0.3%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,712.70
-0.0%
Silwer
20.78
+0.6%
Palladium
2,266.50
+0.2%
Platinum
930.00
+0.5%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot