
John Deere werk nog altyd om finansiële oplossings vir kliënte te vind, vandat hy die eerste keer boere toegelaat het om hul ploeë op krediet te koop. Die diens het sedertdien uitgebrei en geformaliseer, maar in sy kern bemagtig die maatskappy steeds sy kliënte met innoverende, persoonlike oplossings wat hul unieke behoeftes in ag neem.
“Tot in 2013 het die meeste lande buite Suid-Afrika geen batefinansiering gebied vir werktuie nie,” sê mnr. Antois van der Westhuizen, besturende direkteur by John Deere Financial. “Dit het verander toe John Deere Financial en sy alliansievennote begin uitbrei het na ander Afrika-lande. Vandag bied John Deere Financial finansiering in 19 lande buite Suid-Afrika.”
Terwyl John Deere Financial voortbou op die nalatenskap, verseker hy ook ’n beter toekoms en beter omstandighede vir besigheid. Kliënte het toegang tot baanbreker-finansieringsoplossings én ’n uitstekende ondersteuningsnetwerk.
Finansiering moet sin maak in die lig van die kliënt se spesifieke omstandighede. Die landbou het ’n unieke kontantvloeisiklus, en daarom bied John Deere Financial plooibare finansiering aan.
“Vooruitgang in bank- en landboutegnologie gee vir ons die geleentheid om anders te dink oor landboufinansiering,” sê Van der Westhuizen.
John Deere Financial bemagtig kliënte met toegang tot die nuutste tegnologie. Doeltreffende meganisasie in die landbou is nodig vir optimale produksie en voedselsekerheid. Verhuring van toerusting stel kliënte in staat om hul kapitaal te behou en aan te pas by die seisoenale werkslading deur die nuutste tegnologie te gebruik.
Deur te konsentreer op ’n geheeldiens, die internalisering van belangrike prosesse en die inkorporering van die nuutste tegnologie, maak John Deere Financial finansiering veel vinniger en geriefliker. John Deere-kliënte en -handelaars kan met groter gemak finansiering inisieer, aansoek doen en toegang kry tot ’n breër spektrum van produkte. Die finansiële aansoekproses word vaartbelyn gemaak deur elektroniese handtekeninge op kontrakte en sekere sekuriteitsdokumente, wat gerief verhoog en omkeertyd verbeter.
Om volledige dienste te verskaf, word finansieringsprodukte gekoppel met die beste rentekoerse en sterk verhoudings. “John Deere Financial het sy toegewyde verkoops- en ondersteuningspersoneel vermeerder om groter volumes te hanteer,” sê Van der Westhuizen
Vorentoe sal John Deere se finansiële spesialiste daarop konsentreer om kliënte by te staan in hul finansiële besluitneming. Hulle sal die boer se vertroude adviseur word wat luister na die boer se behoeftes en ’n persoonlike oplossing bewerkstellig.
John Deere Financial is een van die grootste verskaffers van finansiële dienste vir landbou-, turf-, konstruksie- en bosboukliënte wat die aankoop van John Deere-toerusting wêreldwyd moontlik maak. Voortdurende verfyning en aanpassing van dienste bemagtig kliënte om te konsentreer op dit waarin hulle spesialiseer.
“Ons luister na ons kliënte om hul finansiële ervarings in ag te neem, ondersteuning van wêreldgehalte te bied en toonaangewende tegnologie te bestuur. Dit word gerugsteun deur sterk verhoudings,” sluit Van der Westhuizen af.
Dis hoe John Deere Financial bestuur word sodat kliënte vooruitgang kan geniet.