AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

New Holland gaan van krag tot krag

akkreditasie
Met sy wye reeks landbouwerktuie druk New Holland sy stempel op die Suid-Afrikaanse mark af. FOTO: VERSKAF
Met sy wye reeks landbouwerktuie druk New Holland sy stempel op die Suid-Afrikaanse mark af. FOTO: VERSKAF
New Holland het die afgelope paar jaar daarin geslaag om sy markaandeel in Suid-Afrika nog verder uit te brei.

New Holland se besluit vier jaar gelede om sy besigheid direk na die Suid-Afrikaanse mark te bring en sodoende die koste van die invoerder uit te skakel, werp vrugte af. Volgens dié vervaardiger het sy markaandeel vir trekkers met 4% toegeneem tot meer as 20%. Stropers het van byna geen markaandeel nie gestyg tot meer as 10%.

Balers se markaandeel het van byna geen tot meer as 10% gestyg. Tans word meer as dubbeld die aantal selfaangedrewe spuite verkoop as voorheen. Die verkope van verskeie ander produkte het ook toegeneem, wat daarop dui dat New Holland-produkte en -dienste ál gewilder in Suid-Afrika word. Dit wys ook dat ’n goeie vervaardiger sterker handelaars skep wat beter diens aan die eindverbruiker lewer.

Trekkers 

New Holland se trekkers het min bekendstelling nodig. Hul gehalte en gewildheid spreek vanself. Dié vervaardiger het ’n omvattende reeks trekkers beskikbaar wat strek van 35 kW tot 447 kW. Dit is in verskeie spesifikasievlakke te koop sodat dit kan voldoen aan wat vir ’n sekere aanwending nodig is. Dit begin by die TT3.50 met sy katoog-stilering en hysvermoë van 1 800 kg.

Nog gewilde klein reekse deur New Holland is die TT75 met 12x3-kruipratkas en die TT4.90-platformeenheid met kragskakeling (power shuttle). Die T3F, TDF, T4FNV en T4LP met kajuit het al die opsies wat nodig is om in ’n boord of wingerd te werk. Die TD5 met sy fabrieksgemonteerde laaigraaf bied veelsydige toepassings aan die boer.

Verder is die betroubare TD95 en 6610 ook steeds beskikbaar. Die hoëspesifikasie-T5 Electro Command wat twee jaar gelede by New Holland se trekkerreeks gevoeg is, het duidelik sy mark in Suid-Afrika gevind. Die tegnologies gevorderde T6000 en T7000, asook die nuut opgegradeerde Genesis T8-reeks met PLM Intelligence en T9- reeks met PLM Intelligence, vul die groter kilowatt-segment van sy produkreeks vir presisieboerderytoerusting aan.

Met behulp van New Holland kan die boer sy plaas, vloot en data bestuur vir maksimum produktiwiteit deur tyd en koste te bespaar.

Stropers

In die vier jaar sedert New Holland sy merk op die plaaslike mark afdruk, het sy CR-dubbelrotorstroperreeks ’n paar tegnologiese byvoegings gekry. Die maatskappy hou met ’n stroper uit dié reeks ook steeds sy plek in die Guinness World Records as die vervaardiger van die kragtigste stroper met ongeëwenaarde kapasiteit.

New Holland se dubbelrotorstropers is wêreldleiers wat betref kapasiteit, graangehalte, lae brandstofverbruik en veelsydigheid. Drie modelle is beskikbaar, naamlik die CR 6.80, CR7.90 en CR9.90. New Holland se unieke Varifeed- en Flex-fyngraantafels, agt- en twaalfry-mielietafels en 4,57 m-opteltafel vul die reeks aan en kry enige gewas met sorg van die land af.

Hooimaak

Die hooimaakreeks sluit verskeie opwindende produkte in. Die RB150-rondebaler met ’n veranderlike kamer kan bale van 0,9 m tot 1,5 m lank maak. Die beproefde BR6090-vastekamerrondebaler is beskikbaar in die Rotofeed- en Rotocut-opsies, en daar is die RB125-rollerbaler vir kuilvoerbale.

Die gewilde BC5070-stampbaler en die reeks sleep-tipe skyf- snyerkneusers is ook te koop. Die selfaangedrewe Speedrower maak vinnig skoonskip van enige hooimateriaal wanneer daar vinnig of groot oppervlaktes gesny moet word. Hierna kan die BB-grootbalerreeks die materiaal vinnig in groot, vierkantige bale omskakel.

Die nuwe BigBaler1290 High Density Crop Cutter kan bale met ’n digtheid van tot 22% hoër as konvensionele balers lewer. Selfaangedrewe kuilvoerstropers word volgens die klant se spesifikasies en saam met die sny- en opteltafels verskaf.

Selfaangedrewe spuite 

Die Guardian-spuite het eienskappe soos die beste grondvryhoogte, die gebalanseerdste spuit hetsy die tenk vol of leeg is, en ’n unieke vering wat enige terrein baasraak. Met verskeie opsies, wat tenkgrootte, balkwydte en seksiebeheer insluit, kan hierdie hoëgehalte-spuit vir enige aanwending bestel word. Intellispray is standaard op die spuite beskikbaar.

Dit spuit deur middel van impulswerking en kompenseer outomaties wanneer gedraai word. Die SP310F en SP380F is deel van hierdie reeks.

Druiwe-oesmasjiene van Braud

Die Braud-masjien en druiwe-oes is sinoniem met mekaar. Hierdie eenhede word nie net gebruik om mee te oes nie, maar verskeie snoei- en spuittoerusting kan daarop gemonteer word sodat dit deur die jaar meer aanwendings het. Braud maak ook ’n olyfoesmasjien waarvoor daar reeds Suid-Afrikaanse eienaars is.

Navrae:
Mnr. Jaco du Preez, 082 524 8898; web: newholland.com/za


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot