
Met gehalteprodukte, bystand aan produsente en tegniese kennis is Nutri Feeds een van die leiers in veevoervervaardiging. Dié maatskappy is reeds meer as 20 jaar in die voerbedryf werksaam. Santa Ferreira, nasionale bemarkingsbestuurder, en Jaco Smit, kommersiële hoofbestuurder, gesels op Nampo oor die produkte wat die maatskappy vervaardig en verkoop.