
Lees in hierdie uitgawe hoe Suid-Afrikaanse veeboere, ongeag verskeie probleme, soos bek-en-klouseer, aanhou om met die beste boere ter wêreld mee te ding.
Daar is artikels oor boere wat in die afgelope jaar prestasies behaal het, wenke van boere oor hoe om meer wins te maak en doeltreffender te boer, markvooruitsigte vir verskillende bedrywe, boereplanne, inligting oor die jongste tegnologie, en lekkerlees-artikels, soos oor die oud-Vrystater wat suksesvol in Paraguay boer.
Dié spesiale uitgawe verskyn net een keer per jaar en verhandel teen R55 per uitgawe. Bestel dit per e-pos by johan.terblanche@media24.com, of 021 406 4962, of klik hier om dit aanlyn te koop.