AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Omnia bied unieke oplossings vir besproeiingsbestuur

akkreditasie
Die sukses van Omnia Nutrilogie® se OFOS™- en ONAS™-stelsels lê daarin dat die korrekte hoeveelheid en konsentrasie voedingstowwe in besproeiingswater na die plant se voedingswortels vervoer word.

Die konsentrasie van voedingselemente in besproeiingswater is noodsaaklik vir doeltreffende sproeibemesting. Hierdie konsentrasies is grond-, gewas- en groeistadiumspesifiek.

Die bogenoemde stelsels het ten doel om die verbruik van voedingselemente onder sproeibemesting te optimaliseer en kan in ’n wye reeks besproeiingstelsels aangewend word – van hoogs gesofistikeerde kortsiklus-drupstelsels tot eenvoudige bemestingsprogramme deur spilpunte.

Optimalisering van bemesting deur doeltreffende besproeiingsbestuur

Doeltreffende besproeiingsbestuur is deurslaggewend in die produksie van landbouprodukte van hoë gehalte. Besproeiingstelsels toon dikwels beperkings met betrekking tot die frekwensie van lewering en volume, asook drukverskille en lang afstande na die waterbron. Nietemin kan sproeibemesting met klein aanpassings en toegespitste bestuur suksesvol toegepas word.

Die strewe na volgehoue optimale opbrengste, druk op die doeltreffende benutting van besproeiingswater, asook die verwagte kleiner wortelvolume tydens intensiewe besproeiing maak die gebalanseerde en doeltreffende toediening van voedingselemente in die beskikbare grondvolume om die wortels noodsaaklik.

Elke voedingselement het ’n bepaalde invloed op die opbrengs en/of gehalte van die oes. Hierdie impak van noodsaaklike voedingstowwe is die kern van Omnia se benadering tot gebalanseerde bemesting. Die benadering van programgebaseerde voeding in volgehoue produksiestelsels leen hom tot tegnologiese programmatuur wat maklik en prakties op plaasvlak aangewend kan word.

Wat behels OFOS en ONAS?

Omnia se uitgebreide kennisbasis en betrokkenheid op plaasvlak is met groot vrug aangewend om werkbare oplossings vir sproeibemesting te ontwikkel. Die unieke Suid-Afrikaanse produksie-omgewing, hoë tegniese standaarde en eenvoud was ’n integrale deel van hierdie ontwikkeling.

Die Omnia Fertigation Opmised System (OFOS) en die Optimised Nutrient Application System (ONAS) maak dit moontlik om die konsentrasie van voedingselemente te manipuleer sonder om ’n legio produkte en gesofistikeerde inspuittoerusting te gebruik. Die konsentrasie van plantvoeding kan met minimale bestuursinsette van een fenologiese stadium na ’n ander gemanipuleer word om in die plant se behoefte te voorsien.  

OFOS™ en ONAS™ bestaan uit verskeie fasette wat die volgende insluit:

–   Spesifiek geformuleerde produkte binne ’n twee- of drie-tenkstelsel;

–   Rekenaargebaseerde voedingsprogramme;

–   Beproefde beheer en kontrolestelsels;

–   Gebruikersvriendelike moniteringstelsels;

–   Plantvoedingskonsentrasie (die Michaelis Menten-beginsel) as grondslag;

–   Wetenskaplik ondersteunde aanbevelings; en

–   ’n Plaaslike landboukundige en navorsingsondersteuningsnetwerk. 

Die formulering van kunsmismengsels om in spesifieke plantvoedingsbehoeftes te voldoen is algemene praktyk. Die OMNI™-produkreeks is egter saamgestel sodat dat die produsent steeds die inisiatief binne sy bepaalde omstandighede behou. Deur ’n twee- of drie-tenkstelsel te gebruik, kan enkele produkte aangewend word om ’n verskeidenheid gewasse in verskillende groeistadia doeltreffend te bemes.

Die rekenaarprogrammatuur waardeur aanbevelings gedoen word, is gebruikersvriendelik en kan met intermediêre rekenaarvaardigheid bemeester word. Dit bestaan op die oomblik uit Microsoft Excel-dokumente wat aan ’n databasis (GIS) gekoppel is. Die ontwikkeling van toepassings om plantvoeding onder besproeiing te optimaliseer is reeds ver gevorder.  

Die bogenoemde databasis word deur of vir die produsent onderhou en bly sy eiendom. Die kontrolestelsels word binne die programmatuur onderhou. Deur eenvoudige insette hiertoe te maak, kan omvattende kontrole-inligting bekom word. Hierdie inligting kan help om koste te bespaar vanweë die vermindering in toedienings- en berekeningsfoute. 

’n Voorbeeld van die kontrolefunksies is om te bepaal hoeveel kunsmis per eenheidstyd toegedien is. Die monitering van veral besproeiing en plantvoeding maak die opstel van toekomstige aanbevelings eenvoudiger. Die vordering van die bemestingsprogram deur die groeiseisoen kan noukeurig gemonitor word met die gevolg dat aanpassings tydig gemaak kan word. 

Kontak die Omnia-landboukundige in jou omgewing vir nog inligting. 

Uys Meiring is bestuurder (markontwikkeling) spesialiteitsoplossings van Omnia Nutrilogie®

Omnia Nutrilogie® is ’n lid van die Omnia Groep. 

 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot