AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Ontmoet die span by Corteva Agriscience

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Corteva-werknemers praat oor hul ervarings by die maatskappy, en hoe hulle hul deel doen om die lewe vir boere beter te maak.

Moahlodi Mathebula, senior laboratoriumtegnikus

Wat het jou in hierdie werkrigting gestuur?

“Toe ek jonk was, het my pa met droëlandmielies op sowat 4 hektaar naby Bosbokrand, Mpumalanga, geboer. Elke dag ná skool het ek hom help boer. Op ’n stadium het ek besef dat ek daardeur ook ’n bydrae tot die familie lewer, en ek wou voortgaan om dit te doen deur landbou te studeer. Ek het landbou aan die Universiteit van Mpumalanga gestudeer, waar ek in plantproduksie gespesialiseer het.” 

Wat wil jy hê moet mense weet oor die werk wat jy doen?

“Ek wens mense kon verstaan hoeveel tegnologie gebruik word om prosesse te bespoedig om ’n produk markgereed te kry. Tegnologie help nie net ons boere in die veld nie, maar dit help ook baie agter die skerms tydens produkontwikkeling.”

Declan Nish, senior navorsingsgenoot

Hoe sal jy beskryf wat jy by Corteva doen?

“Ek is ’n gevorderde fenotiperingspesialis, en my hoofverantwoordelikheid is om multi-gewas fenotipiese en omgewingsdata te versamel en te ontleed deur gebruik te maak van hommeltuie en ander fenotiperingstegnologieë. Ons hommeltuigprogram bied ’n ander perspektief op hoe ons gewasse presteer en gee ons telers die data wat hulle nodig het om sekere besluite oor produkontwikkeling te neem.”

As jy enigiets vir boere kan sê of hulle raad kan gee, wat sal dit wees?

“Ek wil hulle net bedank vir die werk wat hulle doen; by Corteva waardeer ons die geleenthede wat ons kry om saam met hulle te groei.”

Ronald Dorcinvil, navorsingswetenskaplike

Hoe raak jou werk die lewe van boere?

“Aangesien ek te doen het met genotipering en merkerseleksie, het my werk gewoonlik ’n regstreekse impak op boere ten opsigte van opbrengsverhoging en siekteweerstand. Die doel is om produsente te help om hoër opbrengste te behaal deur die gebruik van produkte wat beter by hul boerdery-omgewing aangepas is.”

Wat het jou na hierdie werkveld gebring, en spesifiek na Corteva?

“Ek het ’n persoonlike verbintenis met die landbou. My oupa aan moederskant was ’n boer. Toe ek ’n kind was, het ek hom oral gevolg en só het ek boerdery leer ken. Dit is die hoofrede waarom ek by Corteva aangesluit het.”

Moahlodi Mathebula
Declan Nish
Ronald Dorcinvil
Suzan Khoza
Yusuf Abdool Khalik
Molebatsi Malungane
Marlene van Rooyen
Joan van Zyl
Elzja Roux
Alicia Pretorius
Gloria Mandiriza
Liesel Minnaar

Suzan Khoza, senior navorsingsgenoot

Wat is die verrassendste of interessantste ding wat jy oor boerdery of boere geleer het?

“Boere stel meer belang in stabiele basters, aangesien hulle maklik hul prestasie onder wisselende omgewingstoestande kan voorspel, in teenstelling met basters wat slegs onder gunstige toestande hoë opbrengs lewer. Dit is interessant, want die omgewing verander inderdaad voortdurend as gevolg van klimaatsverandering en teling vir stabiliteit is dus meer gepas.”

Wat wil jy hê moet mense weet oor die werk wat jy doen?

“Ek werk in ’n omgewing wat vinnige oplossings nodig het. Ek is daarom verplig om die nuutste tegnologie te gebruik om die probleme wat boere in die gesig staar, te takel. Gevolglik word van my verwag om krities te dink oor Corteva se teelstrategieë en -bedrywighede om in die groeiende vraag na voedsel te voorsien.”

Yusuf Abdool Khalik, navorsingstoerustingmedewerker 

Vertel ons van ’n unieke ervaring wat jy by die werk gehad het.

“In die twee jaar wat ek by Corteva werk, was ek in talle scenario’s waarin ek myself letterlik moes dwing om lateraal te dink en selfs die grense van logika te bevraagteken. Keer op keer het ons as ’n span struikelblokke oorkom wat andersins ons vordering sou gestuit het; spanwerk en passievolle toewyding help ons altyd om hierdie struikelblokke te oorkom.”

Wat wil jy hê mense moet weet oor die werk wat jy doen?

“By Corteva streef ons na niks minder as uitnemendheid nie. Akkuraatheid met betrekking tot plant- en oesdata behels toewyding, voorbereiding en ’n liefde vir wat ons doen.”

Molebatsi Malungane, internasionale regulatoriese bestuurder (gewasbeskerming) 

Hoe sal jy beskryf wat jy by Corteva doen?

“Ek tree op as ’n skakel tussen Corteva en die regulatoriese owerhede om te verseker dat ons produkte wat vervaardig en versprei word ooreenstem met die toepaslike wetgewing in Botswana, Namibië en Suid-Afrika. Ek help ook om die goedkeurings vir plaagdoderprodukte te verkry en in stand te hou om kommersiële produkverkope moontlik te maak. Daarbenewens adviseer ek die veldwetenskaplike, bemarking, voorsieningsketting en kommersiële funksies oor hierdie regulasies.”

Wat is die opwindendste deel van jou werk?

“Wat my opgewonde maak, is om deel te wees van ’n produk se vroeë ontwikkelingstadium en dan te sien hoe dit die mark vir ons boere bereik. Dit is alles as gevolg van die suksesvolle registrasie van die produk.”

Marlene van Rooyen, veldwetenskaplike

Wat beteken ‘aanhou groei’ vir jou?

“Dit beteken om innoverend te wees en geïntegreerde oplossings te vind wat die produsente help om die beste moontlike resultate te behaal. Die wêreld verander voortdurend, en nuwe kwessies in die landbou dwing ons om nuwe en verbeterde oplossings te vind.”

As jy boere enigiets kon vra, wat sou dit wees?

“Ek sou vra: ‘Hoe hou jy tred met alles?’ Boere beoefen nie bloot ’n stokperdjie nie; hulle is meesters van alle aspekte van hul besigheid. Hulle moet weet van gewasse, masjinerie, finansiële beplanning, besigheid, en soveel meer.

“My vraag moet eintlik wees: ‘Hoe doen jy dit alles?’ Dit lei my reguit na die hart van Corteva: Ons oogmerk is om die lewe van diegene wat produseer en diegene wat verbruik, te verryk. Ons wil saam met ons produsente werk om hulle te ondersteun en hul lewe te vereenvoudig. In my rol probeer ek om geïntegreerde oplossings te vind deur ons tegnologie op plaagbestryding toe te pas om sodoende volhoubare voedselontwikkeling en voedselsekerheid te verseker.”

Joan van Zyl, voorsieningskettingleier vir Afrika en die Midde-Ooste

Wat is die beste deel van jou werksdag?

“Dit is die einde van die dag, wanneer ek kan besin oor al die mylpale wat ons daardie dag bereik het.”

Hoekom wou jy by Corteva werk?

“Ek het aansoek gedoen vir ’n pos by Corteva omdat dit die enkel grootste selfstandige multinasionale maatskappy is wat 100% op die landbou toegespits is. Toe ek die geleentheid kry om by die maatskappy aan te sluit, was ek ongelooflik dankbaar en baie opgewonde om deel te wees van iets so wonderlik.”

Elzja Roux, navorsingsgenoot

Hoe sal jy beskryf wat jy by Corteva doen?

“Ek is verantwoordelik om te verseker dat ons produkte aan verskeie standaarde voldoen, soos dié wat deur die Internasionale Organisasie vir Standaardisering uiteengesit word. Daarbenewens help ek met administrasie en die beheer van dokumente. My werk behels ook om met plantvariëteitsbeskermingsproewe te werk en al die tegniese besonderhede wat daarmee saamgaan.”

Wat is die opwindendste deel van jou werk?

“Ek hou daarvan dat alles wat ons doen, goed georganiseer is en volgens ’n streng stelsel uitgevoer word. Dit pas my soos ’n handskoen. Die feit dat Corteva baie doelgerig is, is ook wonderlik, want dit gee ons duidelike rigting.”

Alicia Pretorius, senior navorsingsgenoot

Wat is die opwindendste deel van jou werk?

“Om in navorsing en ontwikkeling te wees is ’n praktiese werk wat behels dat jy soms in uiterste omgewings werk. Jy bevind jouself dikwels in kweekhuise, koelkamers of jy is heeldag in die veld, en klim op trekkers om te plant, maar dit is waar spesiale dinge gebeur. Ek dink net aan waar ek inpas in die groter prentjie van die suksesverhaal van Corteva Agriscience, en watter massiewe bydrae ek en my span lewer – dit maak my opgewonde.”

Wat is die verrassendste of interessantste ding wat jy oor boerdery of boere geleer het?

“Boere gee net nooit moed op nie. Of dit nou ’n goeie of ’n slegte jaar is, boere hou net aan om te doen wat hulle die beste doen . . . om die wêreld te voed.”

Gloria Mandiriza, hoofbioloog/veldwetenskaplike (ontdekking en ontwikkeling van gewasbeskerming)

Wat wil jy hê moet mense van jou werk weet?

“Ek is betrokke by die ontwikkeling van gewasbeskermingsoplossings wat boere help om plae en siektes te bestuur. Die doeltreffende bestuur van plae en siektes verseker verbeterde oesgehalte en groter opbrengste, wat uiteindelik voedselsekerheid verbeter, asook die boere se finansiële prestasie. Corteva se doel is om die lewe van diegene wat produseer en diegene wat verbruik, te verryk.”

Hoe sluit jy hierdie filosofie elke dag in jou lewe en werk in?

“Ek doen dit deur nou saam met produsente te werk en oplossings te ontwikkel wat by hul spesifieke behoeftes pas deur veldproeftoetse. Ons doen ook studies oor gewasbeskermingsprodukte wat die gunstige uitwerking wat dit op die gehalte van 'n oes of ’n spesifieke produk het, duidelik aantoon.”

Liesel Minnaar, navorsingsterreinleier en hulpbronbeplanning

Wat is jou grootste werksprestasie? Hoe maak jou werk boerdery beter ten opsigte van opbrengste, gewasgesondheidsveiligheid en volhoubaarheid, onder meer?

“Ek glo dat wat ons hier by Corteva doen, baie waarde inhou om boerdery potensieel beter te maak. Ons werk sluit voortdurende innovasie in om opbrengste te verhoog, verliese as gevolg van siektes en insekte te verminder en algehele gehalte te verhoog. Ek sou graag wou sien dat boere se volhoubaarheid toeneem, terwyl dit ook help om die omgewing te beskerm.”

Wat is iets algemeen bekend in jou veld wat mense daarbuite waarskynlik nie sal weet nie?

“Die werklike, aansienlike koste verbonde aan die ontwikkeling van ’n produk van die begin af tot kommersialisering.”

Navrae:
Corteva, webblad: corteva.co.za


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.06
+1.1%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.46
+0.2%
Silwer
22.16
-0.4%
Palladium
1,850.09
-1.5%
Platinum
990.50
-1.0%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot