
Dit is ’n nuwe toevoeging tot Corteva se formidabele portefeulje in Suid-Afrika. PowerCore™-tegnologie is ’n hoëpresterende, insekbestande saadeienskap wat mielies doeltreffend teen vernietigende bogrondse Lepidoptera-plae beskerm soos die Afrika-mieliestronkboorder (Busseola fusca) en Chilo-boorder (Chilo partellus). Hierdie plae kan aansienlike oesskade en gevolglik produksieverliese veroorsaak.
Die PowerCore™-tegnologie bestaan uit drie Bacillus thuringiensis-
(Bt) proteïene, wat elkeen die insekte verskillend aanval teiken en bydra om die gebruiksduur
van die tegnologie te verleng. Die PowerCore™-tegnologie verleen ook verdraagsaamheid
teen glifosaatonkruiddoders. Hierdie uitsonderlike eienskaptegnologie, wat goeie
insekbeskerming kombineer met ’n groter opbrengspotensiaal, is nou in Pannar se
portefeulje van hoë-opbrengsbasters beskikbaar.
“Pannar is trots om aan boere ’n alternatiewe beskermingsmeganisme teen stronkboorder te bied,” sê mnr. Nick Goble, besigheidsbestuurder van Pannar Saad.
“Boere kan nou die Bt-eienskaptegnologie kies wat die beste by hul plase pas. Nie net is die doeltreffendheid van PowerCore™-tegnologie in plaaslike proewe gedemonstreer nie, maar die tegnologie het ook ’n bewese rekord in Brasilië en Argentinië in soortgelyke klimaatstreke, waar dit suksesvol sedert 2012 gebruik word.
“Ons is opgewonde om hierdie nuwe tegnologie in ons verskillende genetiese platforms bekend te stel en hierdie seisoen PAN 3P-900PW en PAN 5P-902PW beskikbaar te stel.”
Insekspektrum
Mielies word in Afrika deur verskeie Lepidoptera-plae aangeval. Hierdie plae veroorsaak erge skade aan mielies en oesverliese wissel na gelang van die tyd en vlak van stamboorderbesmetting.
Die mieliestronkboorder (Busseola fusca) is die skadelikste stamboorder by mielies in Suid-Afrika en kom voor op hoogtes wat wissel van seevlak tot 2 000 m bo seevlak. Dit is wydverspreid in die mielieproduksiegebiede van Suid-Afrika.
Die Chilo-stronkboorder (Chilo partellus) is ’n ernstige plaag by mielies, manna en sorghum. Die Chilo-stamboorderruspes beskadig hierdie gewasse deur in die plantstingel in te boor.
Nuwe geel basters
Pannar se formidabele geelmieliepakket van verskillende groeiklasse en geneties gemanipuleerde basters bied ’n goeie risikoverskansingstrategie op lang termyn.
PAN 3P-900PW
Die nuwe PAN 3P-900PW is ’n ultravinnige geel baster gebaseer op PAN 3R-500R en is geskik vir hoëpotensiaal-droëlandproduksiegebiede (oostelike produksiegebiede wat die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal insluit) en onder hoë-insetbesproeiing en ’n dubbeloes-produksiestelsel (hoë opbrengsmikpunt, watertoediening en bestuursinset). Dit het ’n hoë opbrengspotensiaal en is vir al die produksiestreke onder besproeiing aangepas. PAN 3P-900PW het ’n aantreklike planttipe met regop blare, ’n goeie staanvermoë, lae kopplasing en lewer graan van goeie gehalte.
PAN 5P-902PW
As ’n nuwe genetiese platform in die medium-vinnige groeiklas is PAN 5P-902PW ’n baster met lae kopplasing, goeie stamsterkte en staanvermoë. Dit presteer goed oor ’n wye reeks opbrengspotensiaalvlakke en plantestande. PAN 5P-902PW word saam met PAN 4A-128 en PAN 5A-182 in ’n pakket aanbeveel vir die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Dit lewer uitstekende graangehalte met ’n goeie skepelmassa.
Die bestuur van moontlike insekweerstandigheid teen die Bt-geen is wetlik verpligtend. Die aanplant van ’n toevlugoord volgens voorskrifte is nodig as basters met stronkboorder-beskermingsgene gebruik word, aangedui deur die letters B, BR, YHR of PW in die Pannar-saadprodukkode.
Corteva Agriscience-eienskaprentmeesterskap
Rentmeesterskap is ’n lewensiklusbenadering tot produkbestuur. Dit is die verantwoordelike manier om tegnologieë en plantprodukte te bestuur vanaf hul ontdekking en ontwikkeling, tot hul gebruik en die uiteindelike opskorting daarvan. Corteva Agriscience is daartoe verbind om nuwe tegnologieë op ’n verantwoordelike wyse na die mark te bring en bevorder die praktyke van verantwoordelike bestuur van insek- en onkruiddoderweerstand, en graanbemarkingsbesluite om volgehoue gewasopsies te verseker.