
Die amptelike tegnologievennoot van Laeveld Agrochem is Agri Technovation, en saam bied dié maatskappye ’n wye reeks presisiedienste en produkte. Die doel is om winsgewende en volhoubare boerdery te verseker deur akkurate toepassing en praktiese oplossings. Die presisiedienste sluit gespesialiseerde produkte en pasgemaakte raad in wat verskeie landboupraktyke, kultivars en tegnologiese vooruitgang betref.
Met hierdie toegespitste dog holistiese benadering kan wetenskaplike boerderybeginsels aangepas word sodat gewasse soos graan, suikerriet, weidings, groente, soos aartappels en uie, neute en vrugte, wat sitrus, tafeldruiwe, avokado’s, appels en pere insluit, hul volle potensiaal bereik.
Hier is ’n paar van die dienste wat aangebied word.
MYFARMWEB™. Dit is ’n interaktiewe, wolkgebaseerde platform vir die opberging, visualisering en vergelyking van groot volumes data uit verskeie bronne. Dit sluit in lugfoto’s, grondfisieke en grondchemiese kaarte, topografiese kaarte, blaarontledings en opbrengskaarte. Só kry die boer ’n oorsig oor die boerdery om ingeligte besluite te neem.
MYSOIL CLASSIFICATION™. Grondklassifikasie is die evaluering van grond wat betref fisieke eienskappe en relevante taksonomiese stelsel. Met hierdie diens kan totale gebiede gekarteer word om bykomende insigte te kry wat noodsaaklik vir gewasproduksie is. Gepaste gewasse vir ’n spesifieke grondtipe word geïdentifiseer en dele met hoë of laer potensiaal uitgewys. Só word verskillende besproeiingsones, asook grondbewerkingtipe, laagtipe en diepte bepaal.
ITEST™ SOIL. Grondchemiese ontleding verskaf antwoorde oor grondvoedingstatus, geleenthede en risiko’s.
ITEST™ LEAF. Individuele blaarmonsters en kaarte word geïntegreer deur die interpretasie van blaar(weefsel)ontledings, onder meer verhoudings tussen voedingstowwe en aanbevelings rakende regstellings.
ITEST™ WATER. Hierdie diens help boere om water, een van die kosbaarste hulpbronne, te bestuur. Watergehalte kan grondchemie, bemestingspraktyke en die langtermyn-volhoubaarheid van grond beïnvloed. Daarom is die gereelde toets van waterbronne ’n deurslaggewende stap tot sukses.
ITEST™ CARBOHYDRATES. Met hierdie toets, die eerste in sy soort, word die koolhidrate in blare en wortels getoets. Koolhidrate speel ’n paar belangrike rolle by vrugtebome en ondersteun blomontwikkeling, fasiliteer die voltooiing van vrugset, verhoog vruggroei en skilkleurontwikkeling, en is noodsaaklik vir vegetatiewe lootgroei en wortelgroei.
PICKLOGGER™. Dit is ’n vernuwende oeshulpmiddel wat met die oes van vrugte elke pluk aanteken. Hierdie data word gebruik om vrugte-opbrengskaarte op te stel.
PPM™. Presisieplaagmonitering is ’n hoëdefinisiemonitorstelsel wat dit moontlik maak om plae en siektes in detail te monitor. Met hierdie diens word die voorkoms van plae en siektes aan ’n tydlyn en geografiese koördinate gekoppel.
ITEST™ MICROLIFE. Mikroorganismes vervul belangrike funksies in die grond wat baie voordele vir landbougewasse inhou. Mikrobiese funksies sluit in oedingstofsiklusse, gekombineerde stabiliteit, instandhouding van weerstand teen siektes, en ander noodsaaklike prosesse wat tot die balans, veerkragtigheid en stabiliteit van die grond bydra.
Al Agri Technovation se dienste en produkte is eksklusief beskikbaar deur die Laeveld Agrochem-netwerk.