AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Probeer dié staatmakerprodukte van QPro Voere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
QPro Voere is ’n filiaal van VKB met fabrieke op Bethlehem en Vrede.

QPro Voere se Bethlehem-fabriek spesialiseer in die vervaardiging van voer vir herkouer-, wild- en monogastriese diere. Die Vrede-fabriek spesialiseer in braaihoendervoer, lêmeel en varkvoer. Die Bethlehem-fabriek is vanjaar opgegradeer met ’n nuwe lekaanleg wat verbeterde kapasiteit en mengvermoë moontlik maak. ’n Nuwe verkorrelingsaanleg is ook geïnstalleer om aan die verhoogde vraag na verkorrelde produkte te voldoen.

Die verkorrelde produkte sluit in QPro se ram-, ooi- en lamkorrels, ’n staatmakerproduk waarop VKB met reg trots is. Die produk is geformuleer om in die dier se behoeftes te voorsien en kan as byvoeding gegee word vir ooie en ramme op weidings. Die korrels is geskik om kondisie te bou en liggaamsgewig op weidings te onderhou.

Dit kan ook as prikkelvoeding voor die teelseisoen gebruik word, en om jong diere af te rond. Diere kan oor ’n tydperk van sewe dae aangepas word deur met 200 g/dier te begin. Inname kan dan geleidelik aangepas  word tot 0,8-1% van die liggaamsgewig.

QPro vul die verkorrelde skaapreeks verder aan met sy lamhokkie-, lamkruip-, skaapafrondings- en stoetram-korrels.

Die lente en vroeësomer is ’n tyd waarin weidings verander, koeie kalf en die voedingsbehoeftes  verander. Koeie met kalwers kan in dié stadium op veld onderhou word met QPro-produksielek 28, wat voldoende energie en proteïene bevat om in hierdie oorgangsfase in die koeie se behoeftes voorsien.

Produksielek 28 voorkom gewigsverlies ná kalftyd, verhoog melkproduksie en kan ook as prikkelvoeding in die dekseisoen gebruik word teen 800-1 200 g/bees/dag. Hierdie produk kan ook vir skape gebruik word en deur die jaar gevoer word teen 200-250 g/skaap/dag.

Met goeie groen somerweiding kan daar oorgeskakel word na ’n fosfaataanvulling. QPro Sumphos 15 P6 bevat 6% fosfaat om in die diere se fosfaatbehoefte te voorsien. Bykomend tot die 6% fosfaat bevat Sumphos ook 15% proteïene wat voordelig vir midsomer-droogtetoestande is, en balanseer  proteïentekorte wat kan voorkom. Inname by beeste is 100-200 g/bees/dag en by skape 20-40 g/skaap/dag.

QPro Hefgrow 17 word aanbeveel vir die uitgroei en afronding op weidings van jong diere, bulle, vervangingsverse, jong ooie en ramme. Waar voldoende groen weiding, hawer of voersorghum beskikbaar is, word uitstekende resultate behaal. Hefgrow 17 kan ook as aanvulling gebruik word vir aanpassing (backgrounding) vir kalwers op somerweiding.

Hierdie produk bevat genoegsame energie, asook ’n groeibevorderaar. Vanuit die 17% proteïene bestaan ’n groot gedeelte uit hoëgehalte-deurvloeiproteïene wat optimale groei tot gevolg het.  Innames kan wissel van 800-1 200 g/bees/dag en 300-400 g/skaap/dag.

QPro se ram-, ooi- en lamkorrels, wildskorrels, Hefgrow 17 en Sumphos 15 P6 is tans op spesiale aanbieding by alle VKB- en NTK-takke tot 30 Oktober. Maak gebruik van die geleentheid om gehaltevoer teen ’n sakpasprys te koop en sodoende saam met jou diere die somer gelukkig binne te gaan.

Vind die naaste VKB of NTK-handelstak aan jou by www.vkb.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot