AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9199
7,00
CORN
08 Feb
-
4615
-25,00
SOYA
08 Feb
-
8755
-4,00
SUNS
08 Feb
-
10750
-238,00
WEAT
08 Feb
-
6833
26,00
WMAZ
08 Feb
-
4315
-10,00
YMAZ
08 Feb
-
4423
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Raad teen Palmer-misbredie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Palmer-misbredie se stamkleur is groen, groen-wit of rooierig, of kombinasies daarvan. Stamme en stingels is haarloos.
Palmer-misbredie se stamkleur is groen, groen-wit of rooierig, of kombinasies daarvan. Stamme en stingels is haarloos.
Bayer se kenner besoek ’n boer wat met sy hande in sy hare sit oor Palmer-misbredie en gee raad.

’n Beginsel van geen verdraagsaamheid is die enigste uitweg met ’n gedugte teenstander soos Palmer-misbredie (Amaranthus palmeri).

Mnr. Wilhelm van Heerden, markontwikkelingsagronoom by Bayer, het onlangs saam met Landbouweekliks by mnr. Rudi Fouché van Potchefstroom besoek afgelê. Fouché voer ’n stryd teen dié onkruid en Van Heerden het gaan kyk watter raad hy kan gee.

“Soos julle kan sien, het ons die normale spuitprogram gevolg, maar ons het steeds hierdie bossie wat ’n probleem is,” het Fouché met die span se aankoms gesê.

Die feit dat Palmer-misbredie weerstand bied teen glifosaat en twee ander onkruiddodergroepe is wat dit so gevaarlik maak.

“Hierdie spesie produseer verskriklik baie saad wat maklik deur voëls, trekkers en werktuie, riviere en kanale versprei word. Sy saadproduksie en die verspreiding daarvan maak dit ’n groot probleem vir Suid-Afrika,” sê Van Heerden.

Palmer-misbredie is ’n nuwe onkruidspesie wat in 2018 die eerste keer in Suid-Afrika aangeteken is. Dit kom van Amerika. Omdat die natuurlike habitat van dié onkruidsoort die droë suidwestelike deel van Amerika is, pas dit in Suid-Afrika goed aan by die meeste toestande in die somerreënstreek.

Mnr. Wilhelm van Heerden, markontwikkelingsagronoom by Bayer.

Ken hom só uit

Palmer-misbredie se waarneembaarste eienskap is die blaarsteel wat langer is as die blaarskyf – selfs waar die blaarsteel gevou word. Die stamkleur is groen, groen-wit of rooierig, of kombinasies daarvan. Stamme en stingels is haarloos.Die blaarvorm wis­sel van ovaal tot si­lin­dries, met sigbare wit are aan die onderkant. Sommige plante het ’n opvallende sil­wer-pers V-vormi­ge chevron (“water­merk”) op die boonste blaar­oppervlak – hierdie eienskap kom egter ook by seke­re an­der Amaranthus­-soorte voor.Vroulike en manlike blomme is op afsonderlike plante. Manlike bloeiwyses voel sag met aanraking, maar vroulike bloeiwyses is hard en stekelrig. Blommetjies van tot 3 mm lank is saamgepak op silindriese bloeiwyses van tot 60 cm lank op die sentrale stam. Die blomkleur is wit of wit-groen. Die vruggie is omtrent 1,5 mm lank. By volwassenheid val die boonste helfte van vrugte af om ’n enkele donkerpers saad van tot 2 mm in deursnit te ontbloot. 

Wat is die oplossing?

“Eerstens moet jou algehele benadering reg wees,” sê Van Heerden. “Wisselbou is belangrik. Plant grassoorte soos mielies en sorghum waarmee ons breëblaaronkruide makliker kan bekamp. Daar is meer onkruiddoders wat daarmee kan help,” sê Van Heerden.

“Tweedens moet jy ’n goeie vooropkomsprogram hê om te voorkom dat die saad opkom. ’n Na-opkomsprogram is net so belangrik. Derdens is die skoonmaak van werktuie, trekkers, stropers, spuite, ploeë en selfs jou voertuie noodsaaklik. Dit is om die saadverspreiding na ander landerye te voorkom.”

Indien jy wel Palmer-misbredie opmerk, moet jy die plant verwyder en verbrand.

“Die belangrikste is om dit te verwyder voordat dit saad vorm. Die beginsel van geen verdraagsaamheid om saadproduksie van hierdie onkruid te voorkom, is vir ons die hooftaak.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.50
+0.3%
Rand - Pond
21.18
-0.0%
Rand - Euro
18.83
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
988.64
+0.2%
Palladium
1,675.69
+1.4%
Goud
1,885.09
+0.6%
Silwer
22.49
+1.4%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,887
+0.6%
Alle aandele
79,952
+0.5%
Hulpbronne 10
75,268
+0.9%
Industriële 25
103,291
+0.6%
Finansiële 15
16,342
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot