
Die evolusionêre ontwikkeling van die Simbra se basisrasse verskil baie. Die Simmentaler van Sentraal-Europa is aangepas vir lang, koue winters en word vir die produksie van melk én vleis gebruik. Seboe-beeste, die genetiese poel waaruit die Brahman-ras kom, kom uit Indië, ’n omgewing van hitte, humiditeit, siektes en parasiete.
Die doel met die Simbra was om ’n ras saam te stel wat kon aanpas by diverse Suider-Afrika-omstandighede, nie net die fisieke omgewings nie, maar ook produksiestelsels en markvereistes. Om hierdie doel te bereik, is die melk- en vleisproduksievermoë van die Simmentaler gekombineer met die aanpasbaarheid, siekteweerstand en gehardheid van die Brahman.
Die Simbra-ras het ontwikkel in ’n maklike boerbeesras, met uiters doeltreffende koeie as moeders en reproduseerders, en bulle as vaars van bulkalwers wat gedy in produksiestelsels en verse wat in doeltreffende moeders ontwikkel.
As gevolg van die groot omgewingsvariasie waarin Simbra-telers hulle bevind, asook verskillende voorkeure van bulkopers glo dié ras se telersgenootskap in die instandhouding van gesonde genetiese variasie binne die ras, sodat telers ’n tipe dier kan ontwikkel wat die beste in hul omgewing presteer.
Buigsaamheid word toegelaat om Simbras deur die oop kudddeboekbeleid te teel sodat ’n teler die optimale kombinasie kan vind wat die beste geskik is vir sy omgewing, bestuur en kliënte.
Die omgewing bepaal die ideale genetiese samestelling. In gematigde streke waar speenkalfproduksie belangrik is, is ’n hoër persentasie Simmentaler te sien, en waar omgewingstresvlakke hoër is, kom ’n hoër persentasie Brahman voor.
Die beesvleisproduksieklimaat ontwikkel voortdurend en vereis vooruitstrewende telers om aan ekonomiese eise te voldoen. By die Simbra-telersgenootskap is die missie om gehaltediens en leierskap te lewer wat genetiese vordering binne die ras bevorder en ’n hoë opbrengs op belegging vir sy gewaardeerde lede verseker. In ooreenstemming met die vereistes van die wêreldwye veebedryf hoop die genootskap dat Simbra-telers sy visie deel om veilige en gesogte beesvleis van ’n hoë gehalte winsgewend te produseer, terwyl dierewelstand en ’n lae koolstofspoor gehandhaaf word.