AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Ras voeg winsgewendheid tot waardeketting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Spierdefinisie en ’n goed ontwikkelde swaar en bespierde skof is visueel waarneembare eienskappe van goeie vrugbaarheid in ’n Simmentaler-bul. FOTO: RUDMAN SIMMENTALERS, BOTSWANA
Spierdefinisie en ’n goed ontwikkelde swaar en bespierde skof is visueel waarneembare eienskappe van goeie vrugbaarheid in ’n Simmentaler-bul. FOTO: RUDMAN SIMMENTALERS, BOTSWANA
Vir die boer wat wonder waarom hy die Simmentaler-beesras moet oorweeg, is daar goeie antwoorde.

Die antwoord op die vraag “Hoekom Simmentaler?” is baie eenvoudig. Dit is dié ras wat winsgewendheid tot jou waardeketting voeg en die ras wat sinoniem is met kruisteling.

In kruisteling dra die Simmentaler melk, goeie moedereienskappe, ’n funksionele raam, goeie temperament en vrugbaarheid by. Dit alles is goeie eienskappe van die ras.

Uitstekende resultate

Kruisteling met enige ander ras lewer uitstekende resultate. Die rasegte Simmentaler-speenkalf en die kruisteelspeenkalf presteer besonder goed in die voerkraal. Van die voerkrale betaal ’n premie vir hierdie kalwers, wat beslis tot voordeel van die stoet- en kommersiële teler is.

Volgens prof. Frikkie Neser van die Universiteit van die Vrystaat en dr. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad kan kruisteling produksievlakke op twee maniere verbeter, naamlik ras-komplementariteit en heterose. Komplementariteit is wanneer een ras se sterk punte die ander ras se swak punte aanvul. Komplementêre kruisteling laat die teler toe om die verlangde kenmerke van twee of meer rasse te kombineer ten einde ’n meer gewenste dier daar te stel, terwyl heterose die prestasievlakke van verskillende kenmerke verhoog.

Kruisteling lei tot verhoogde prestasie sonder veel ekstra insette. Indien dit reg aangewend word, is dit een van die min bestuursmeganismes wat produktiwiteit verhoog en nageslag verbeter, sonder om insetkoste noemenswaardig te verhoog. Danksy komplementariteit en heterose kan produksie baie vinnig verhoog word met kruisteling.

Talle voordele

Voordele van hierdie dubbeldoelras is beslis vrugbaarheid en melkproduksie. Die sukses van kruisteling met die Simmentaler is om koeie te teel wat baie melk het, en hul uitstekende moedereienskappe verseker die goeie versorging van hul kalwers. Benut hierdie basterkrag om swaarder speenkalwers vir voerkrale te teel.

Eienskappe van vrugbaarheid by vroulike diere:

  • Vroulikheid en hoë vrugbaarheid gaan gepaard met ’n wigvormige liggaamsbou met die diepste punt deur die liggaam, die buik, net voor die uier en met ’n wigvormige vernouing na voor na die eerste rib.
  • Oorvet beeste is minder vrugbaar en onvrugbare beeste raak vet.
  • Die minder vrugbare vers is gewoonlik groot, swaar en vet en vertoon manlik.
  • Vrugbare koeie is nie groot en vleisagtig in bouvorm nie.

Hiermee ’n paar visueel waarneembare eienskappe in bulle vir goeie vrugbaarheid:

  • Spierdefinisie en goed in balans.
  • Goed ontwikkelde swaar en bespierde skof.
  • Manlike gedrag, die optrek en laat sak van die teelballe.
  • Goeie haargehalte.

Hou hierdie eienskappe van die vroulike en manlike diere in gedagte om aankoopseleksie te vergemaklik en die voordele van die Simmentaler in jou kruisteling op te merk.

Maandeliks word ’n nuusbrief, Simmentaler Pulse, uitgereik wat beesliefhebber nie moet misloop nie. Almal is welkom om in te teken. Jy kan dit doen deur www.simmentaler.org te besoek, kies MEDIA, SIMMENTALER PULSE en voeg jou e-posadres in die blokkie en kies “subscribe”.

Navrae:
Simmentaler-beestelersgenootskap, 051 446 0580.
Melk, goeie moedereienskappe, ’n funksionele raam, goeie temperament en vrugbaarheid is eienskappe van die Simmentaler wat baie werd is in kruisteling, soos te sien in dié koei van Garrisford Simmentalers, Underberg. FOTO: STORM STORAH PHOTOGRAPHY


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot