AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9345
5,00
CORN
29 Sep
-
4785
8,00
SOYA
29 Sep
-
9433
72,00
SUNS
29 Sep
-
10115
141,00
WEAT
29 Sep
-
7109
38,00
WMAZ
29 Sep
-
4878
-4,00
YMAZ
29 Sep
-
4835
7,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Regte spuitkop keer vermorsing

akkreditasie
Bespuiting speel ’n belangrike rol in boerdery. Met die regte spuitkop op
veral groente kan vermorsing voorkom word.
Bespuiting speel ’n belangrike rol in boerdery. Met die regte spuitkop op veral groente kan vermorsing voorkom word.
Die produksie van vars groente en vrugte in kwynende landbougebiede is die wêreld se voorland. Daarom is die presiese bespuiting met ’n akkurate spuitkop belangrik by die toediening van bemesting en plaagdoders.

Spuitstukke raak nie net toenemend tegnologies gevorderd en presies nie, dit verbeter ook die gehalte en doeltreffendheid van insettoepassings. Met elke oes sien die boer ’n toename in produksie danksy die uitbreiding van landboubesigheidsgebiede, en ’n konstante toename in produktiwiteit in alle afdelings – van boorde, grane, vrugte en vee tot bio-energie.

Presiese toediening 

Alles dui daarop dat die uitbreiding van bewerkte grond al hoe meer beperk word. In teenstelling daarmee meen kenners dat voedselproduksie op wêreldwye skaal teen 2050 minstens gaan verdubbel, veral die vraag na vars groente en vrugte. Daarom is die aanwending van tegnologie en die rasionele gebruik van hulpbronne sleutelfaktore wat die toename in produktiwiteit moontlik gaan maak om in hierdie vraag te voorsien.

Die oogmerk is om meer voedsel op dieselfde stuk grond te verbou, maar met minder hulpbronne. Dit is nie maklik nie, maar nie onmoontlik nie. Openbare en private ondernemings soek oplossings om die landbou nóg produktiewer en volhoubaarder te maak. Een van die oplossings is die ontwikkeling van spuitkoppe wat meer presies is. Spuitkoppe is klein deeltjies wat aan spuite gekoppel word en ’n groot verskil in fitosanitêre bestuur maak.

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie kan plae en siektes landbouproduksie met ongeveer 40% beïnvloed as dit nie bestuur word nie. Bespuiting speel dus ’n belangrike rol om sulke vermorsingtevermy. Boerekankies tussen verskillende metodes en prosesse, soos landbouchemiese en biologiese produkte, of selfs vloeibare bemesting in die geval van plantvoeding.

Doeltreffende werking 

Om produkte korrek te gebruik, verg doeltreffend spuite, asook die regte toedieningstegnieke. Tegnologie en prosesse het al hoe meer gevorderd geraak om veiliger en akkurater toepassings moontlik te maak. Volgens mnr. Daniel Petreli, landboukundige en spesialis in toepassingstegnologie by Jacto (’n landboumasjineriemaatskappy met bespuiting as een van sy spesialiteite) is die spuitkop verantwoordelik vir ’n groot deel van die resultate wat behaal word tydens die korrekte verspreiding van fitosanitêre produkte.

Hy sê die korrekte aanwending dra by tot beter gewasse omdat gesonde plante hul genetiese potensiaal kan bereik en meer produseer. Daarom kan gesê word dat spuitkoppe ’n belangrike rol speel om verliese en vermorsing te vermy. Alles moet behoorlik ingestel wees vir bespuiting.

Die belangrikste aanpassings hou verband met die produk wat gebruik moet word, die spoed van die spuit, die toedieningshoeveelheid en die druppelgrootte. Die druppelgrootte word bepaal deur die keuse van die spuitkop, ’n aspek wat baie van die toedieningsprobleme veroorsaak vanweë die groot verskeidenheid modelle wat beskikbaar is.

Daar is byvoorbeeld spuitpunte wat fyn druppels produseer en groter bedekking en beter indringing in die teiken moontlik maak. As die temperatuur egter styg of die wind waai, neem hul prestasie af en is hulle vatbaarder vir verliese weens wegdrywing en verdamping.

Die keuse van die druppelgrootte wat deur die spuitkop gelewer word, hang dus af van die tipe gewas, die tipe plaag en waar dit geleë is, die werking van die fitosanitêre produkte, temperatuur- en humiditeitstoestande en selfs windspoed, aangesien die druppels die plante moet bereik en nie in die lug versprei moet word nie.

Die keuse van die regte spuitkoppe is slegs ’n deel van die proses. ’n Ander aspek is die inspeksie daarvan omdat te veel landbouchemikalieë toegedien kan word, na gelang van die toestand waarin die spuitkoppe is.

Navrae:
Mnr. Stephan Strydom, 072 598 2790, e-pos: stephan.strydom@jacto.com.br. Web: jacto.com.br.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
-1.1%
Rand - Pond
19.44
-0.1%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.62
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,642.45
-1.1%
Silwer
18.56
-1.8%
Palladium
2,150.46
-0.0%
Platinum
848.18
-2.1%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,343
-1.9%
Alle aandele
62,716
-1.7%
Hulpbronne 10
56,968
-1.6%
Industriële 25
77,199
-1.7%
Finansiële 15
13,753
-2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot