AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Satelliet-internetdienste nou beskikbaar vir mense naby MeerKAT

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Suid-Afrikaanse radio-astronomie-sterrewag het aangekondig dat dat satelliet-internetdienste beskikbaar gestel kan word aan geskikte gemeenskappe by Van Wyksvlei wat naby die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap woon. Foto: Verskaf
Die Suid-Afrikaanse radio-astronomie-sterrewag het aangekondig dat dat satelliet-internetdienste beskikbaar gestel kan word aan geskikte gemeenskappe by Van Wyksvlei wat naby die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap woon. Foto: Verskaf
Die Suid-Afrikaanse radio-astronomie-sterrewag het aangekondig dat satelliet-internetdienste, verskaf deur MorClick Satellite Internet Solutions, nou beskikbaar gestel sal word aan geskikte gemeenskappe by Van Wyksvlei wat naby die MeerKAT-radioteleskoop in die Karoo (Noord-Kaap) woon.

Die MeerKAT-radioteleskoop, wat tans uit 64 onderling gekoppelde ontvangers bestaan (met meer wat oor die volgende paar jaar bygevoeg sal word), is ’n voorloper van die Square Kilometre Array- (SKA) teleskoop.

Die SKA-projek is ’n samewerkingsprojek tussen regerings van 15 lande waarby duisende wetenskaplikes en ingenieurs betrokke is om die wêreld se grootste radioteleskoop te bou en te bedryf. 

Suid-Afrika huisves die kern van middelfrekwensie-skottels, wat reg oor die Afrika-vasteland strek. Die projek, wat saam met Wes-Australië se Murchison Shire aangebied word, sal uiteindelik bestaan uit duisende skottels en tot ’n miljoen laefrekwensie-antennas.

Dit sal sterrekundiges in staat stel om die ruimte met ongeëwenaarde akkuraatheid en spoed te monitor, wat die SKA ongeëwenaarde omvang in waarnemings gee en die beeldresolusiegehalte van die Hubble-ruimteteleskoop grootliks oorskry. Met ’n reeks ander groot teleskope in die optiese en infrarooi-veld wat in die komende dekades gebou en na die ruimte gelanseer gaan word, sal die SKA die weg na wetenskaplike ontdekking versterk, aanvul en lei.

Die omvang van so ’n projek beteken dat die SKA in die Karoo so min moontlik mensgemaakte elektroniese golwe moet hê wat kan inmeng met die radioseine wat vanuit die ruimte gemeet word. Daarom mag internet- en stem-satelliettegonologie in die gebied nie die radiofrekwensie-gevoeligheid in die SKA-omgewing in gevaar stel nie.

Satellietinternet 

Tegnologie het die afgelope paar jaar so gevorder dat dit nou uiters maklik is om bekostigbare satellietinternet te gebruik as ’n primêre breëbandoplossing vir huise en besighede wat nie selfoontorings of veselopsies in hul area het nie.

“MorClick se kommunikasiesatelliete werk in die Ka-band en is by uitstek geskik om internet- en stem-satellietoplossings te verskaf wat nie die radiofrekwensie-gevoeligheid in die SKA-omgewing sal benadeel nie,” sê mnr. Mohamed Hassim, besturende direkteur van MorClick. “Daarbenewens word die nuwe generasie satelliettegnologie nie deur koperkabeldiefstal geraak nie en is dit ideaal vir die Noord-Kaapse klimaat.”

Morclick se installasienetwerk strek reg oor Suid-Afrika, met meer as 150 opgeleide installeerder-vennote in diens, insluitend in die SKA-gebied.

’n Paar voordele van die Ka-Band sluit in:

  • Antennagrootte. Kleiner antennas word benodig om seine teen Ka-bandfrekwensies te ontvang en uit te stuur, omdat die Ka-band-frekwensiereeks hoër is as die tradisionele C-band en Ku-band.
  • Gekonsentreerde krag. Ka-bandstrale is baie meer gekonsentreer, wat hoë deurset verskaf deur dieselfde hoeveelheid bandwydte te gebruik en sodoende die koste te verlaag.

Die reeks frekwensies waarin die Ka-band werk, is dié tussen 26,5 GHz en 40 GHz; dit wil sê golflengtes wat wissel van ’n bietjie meer as ’n sentimeter tot 7,5 millimeter – ideaal vir die area. Die kort golflengte lei tot bekostigbare, hoëresolusie-breëbandsatelliet-internettoegang vir die plase in die gebied.

MorClick sal verseker dat gemeenskappe in die gebied onmiddellik aan die internet gekoppel is via ’n klein satellietskottel en nuwegenerasie-modems, onafhanklik van aardinfrastruktuur. Dit stel intekenare in staat stel om ononderbroke, onbeperkte of beperkte toegang tot die internet te geniet.

Hassim voeg by dat MorClick nie net internetoplossings verskaf nie, maar ook gemeenskappe nader aan mekaar bring.

“MorClick streef daarna om geleenthede vir gemeenskapsontwikkeling, sekuriteit, verbeterde produktiwiteit, vermaak en sosiale verbintenis vir hierdie streke se afgeleë gesinne, besighede en boere te bring. Ons sien uit daarna om saam met die Suid-Afrikaanse radio-astronomie-sterrewag te werk tot voordeel van die gemeenskap in die SKA-streek.”

Navrae:
Besoek www.morclick.co.za, klik op die MorClick-kenteken, beweeg na onder op die blad en vul die vorm in. Noem SARAO in jou boodskap en staan ’n kans om voordeel te trek uit een van die 150 eksklusiewe afslagpakkette. E-pos: info@morclick.co.za.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot