
Die nuwe vegetatiewe lote van sitrusbome is verantwoordelik vir die posisies waar blomme ontwikkel.
Hierdie lote is sterk vraagpunte vir koolhidrate afkomstig van volwasse blare en ouer lote, die stam of wortels.
Aangesien die sitrusboom immergroen is, word verwag dat daar voldoende tyd sal wees om te fotosinteer en dat voldoende hoeveelhede koolhidrate dus geproduseer word om in al die boom se behoeftes te kan voorsien.
Dit blyk egter dat die fotosintetiese bron van koolhidrate dikwels onvoldoende is sodat vegetatiewe groei, blomontwikkeling en vrugset in die nuwe seisoen nie ideaal is nie.
Vrugte het ’n groot aanvraag na koolhidrate. Dit kan die balans tussen
vegetatiewe groei, wortel- en blomontwikkeling beïnvloed.
Die teenwoordigheid van voldoende gesonde groei in die vorige jaar speel dus ’n belangrike rol om voldoende koolhidrate tydens die eerste lentegroei te verskaf.
Voedingstoftekorte in herfs sal bydra tot ’n tekort aan koolhidrate.
Produsente moet dus sorg dra dat die voedingstatus van die bome optimaal is tydens die aanvang van blom-inisiasie (April tot Junie).
Voedingstofelemente soos N en K, wat nie in voldoende hoeveelhede tydens die monsterneming van Februarie tot Mei teenwoordig was nie, moet betyds aangevul word met ’n kombinasie van grond- en blaartoedienings.
Blaarbespuitings met laebiuret-ureum (agt weke voor blom) is noodsaaklik sodat blare voldoende koolhidrate (sukrose) kan verskaf en dus in die behoeftes van blomontwikkeling, groei en blom in die lente kan voorsien.
Dr. PJ Raath, (PhDAgric) is die voor-oesnavorsingsbestuurder by Citrus Research International (CRI.).
NAVRAE: Vir nog inligting oor bemestingsprogramme en dienste skakel die Atlantic Fertilisers-span by 021 972 1013.
Atlantic Fertilisers is ’n maatskappy wat 100% in Suid-Afrikaanse besit is en biologiese en volhoubare boerdery ondersteun. Die maatskappy se klem is om grond gesond en voedingryk te hou en landbou-ekostelsels in balans te hou. Die doelwit is om volhoubaarheid te verhoog en te help om gesonde oeste op lang termyn te lewer. Dit word bereik deur ’n wyer denkwyse oor kliënte se behoeftes, en deur waarde toe te voeg.
Hierdie vars benadering beteken dat Atlantic Fertilisers nie net die beste produkte beskikbaar bied nie, maar ook toegewyde adviesbronne het. Vandag word Atlantic Fertilisers wyd erken as ’n verskaffer van bemestingstowwe van hoë gehalte.
Besoek Atlantic Fertilisers se webwerf vir meer produkinligting en suksesverhale met Atlantic Fertilisers se bemestingstowwe by verskillende gewasse.
Ware verhale word op sy YouTube-bladsy gedeel.
Weeklikse doen en late word gedeel op sy Facebook-bladsy.