AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Spoggerige druiweplaas soek nuwe eienaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Raaswater Landgoed, een van die gesogste druiweplase in die Upington-omgewing, is op soek na ’n nuwe eienaar. FOTO'S: VERSKAF
Raaswater Landgoed, een van die gesogste druiweplase in die Upington-omgewing, is op soek na ’n nuwe eienaar. FOTO'S: VERSKAF
Die plaas aan die oewer van die Oranjerivier is ideaal vir die boer wat in gunstige omstandighede met uitvoerdruiwe wil boer.

Raaswater Landgoed, een van die gesogste druiweplase in die Upington-omgewing, is op soek na ’n nuwe eienaar. Hierdie spogplaas is in die Noord-Kaap op die suidelike oewer van die Oranjerivier, langs die R359 op pad na Kanoneiland en gaan op tender verkoop word deur Lange Carr en Wessels (LCW) Prokureurs.

Die feit dat dié plaas teen die Oranjerivier lê, maak dit ’n aanloklike koop vir die boer wat in gunstige omstandighede en ’n gepaste klimaat met druiwe wil boer. Raaswater Landgoed bestaan uit 19 titel-eiendomme met vaste verbeterings en los goedere.

Die plaas

Die plaas is hoofsaaklik ontwikkel vir uitvoerdruiwe, wat tafel- en rosyndruiwe insluit. ’n Groot gedeelte van die tafeldruiwe is met haelnet bedek. Die grond is uiters geskik vir wisselbou. Boere in die omgewing boer hoofsaaklik met wingerd en pas wisselbou toe met lusern en pekanneute. Waterregte op 425,9 hektaar word saam met Raaswater Landgoed verkoop, waarvan 257,9 hektaar onbenut is en beskikbaar vir uitbreiding. Daar word tans 168 hektaar se waterregte aangewend om die bestaande wingerde te besproei.

Raaswater veiling
Op Raaswater Landgoed is drie woonhuise, sowel as werkershuise en ander geriewe soos 'n kerk en kleuterskool.
Raaswater veiling
Waterregte op 425,9 hektaar word saam met Raaswater Landgoed verkoop, waarvan 257,9 hektaar onbenut is en beskikbaar vir uitbreiding.
Raaswater veiling
Raaswater Landgoed het spoggerige woonhuise met swembaddens en gevestigde tuine.
Raaswater veiling
Die plaas is hoofsaaklik ontwikkel vir uitvoerdruiwe, wat tafel- en rosyndruiwe insluit.
Raaswater veiling
Die strukture op Raaswater Landgoed sluit in buitegeboue, ’n pakskuur, onderdakstrukture van staal met sementvloere wat hoofsaaklik vir stoorplek gebruik word, opgaardamme, rypwaaiers, pomphuise en chemiese pakhuise.

Die plaas beskik ook oor ’n wildkamp (met wild) van ongeveer 800 hektaar wat in twee kampe gedeel is en baie netjies omhein is. Die wild sluit onder meer sebras, gemsbokke en springbokke in.

Die wonings

Op die plaas is ook ’n paar woonhuise wat goed onderhou is. Die hoofhuis is ’n moderne vyfslaapkamerwoning met vier badkamers. Al die vertrekke het ingeboude kaste. Die ruim sit- en eetkamer, asook die moderne kombuis het gelamineerde houtvloere. Dié huis het ’n groot waskamer met ingeboude kaste, drie motorhuise en ’n netjiese kantoor. Die buite-area sluit in ’n groot swembad, pragtige, gevestigde tuin en netjiese buitebraai.

Daar is ’n plaasbestuurderswoning wat bestaan uit ’n vierslaapkamerhuis met drie badkamers. Al die kamers het ingeboude kaste. Dit het ’n ruim oopplan-eet-en-sitkamer, met ’n televisiekamer en kroeg. Die moderne kombuis het ook ’n opwasarea. Hierdie huis het ’n dubbelmotorhuis, ’n groot swembad, ’n tuin wat goed gevestig is, en ’n buitebraai.

Die tweede plaasbestuurderswoning het drie slaapkamers en een badkamer. Dit het ook ’n kombuis, ’n televisie/sitkamer, ’n enkelmotorhuis, ’n buitebraai en ’n gevestigde tuin.

Raaswater Landgoed het werkershuise en ander strukture op die plaas. Dit sluit in buitegeboue, ’n pakskuur, onderdakstrukture van staal met sementvloere wat hoofsaaklik vir stoorplek gebruik word, opgaardamme, rypwaaiers, pomphuise en chemiese pakhuise. Dan is daar ook ’n kerk, ’n kleuterskool en ander geriewe.

Ander bates

Benewens die plaastoerusting wat saam met die landgoed verkoop word, word heelwat ander bates ook aangebied, soos sewe spuitpompe, tien druiwewaentjies, motorfietse, plaasbakkies, kamerastelsels in die pakskuur, asook kantoortoerusting soos agt rekenaars en vyf drukkers, en vele meer.

Die tenderdokument kan op LCW Prokureurs se webblad www.lcw.co.za besigtig word of klik HIER. Dit moet ingevul en onderteken word. Die dokument moet daarna self of deur ’n voornemende koper se prokureur na LCW gestuur word, verkieslik per koerier. Van die voorwaardes wat geld, is ’n terugbetaalbare registrasietarief van R50 000. Die hoogste tenderaanbod sal nie noodwendig aanvaar word nie. Volledige besonderhede en tendervoorwaardes is ook beskikbaar op LCW Prokureurs se webblad.

Navrae:
Mnr. Pieties Lange, 082 772 5911, e-pos: pietiesl@lcw.co.za;  mnr. Stefan Niemann, 076 162 1791, e-pos: stefan@lcw.co.za. Kontak mnr. Gabriel Viljoen, 082 373 4769, e-pos: gabriel@gpviljoenfarms.co.za om die plaas te besoek.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.41
+0.7%
Rand - Pond
22.58
+0.3%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
986.63
+1.5%
Palladium
1,404.92
-0.1%
Goud
1,938.59
-0.1%
Silwer
22.30
-0.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,532
+1.1%
Alle aandele
75,010
+1.0%
Hulpbronne 10
65,189
-0.7%
Industriële 25
101,357
+1.5%
Finansiële 15
15,369
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot