
Veeartse en voedingskundiges reken dat tot 40% van vleisbeeste in Amerika nooit spoorelementaanvullings gedurende die weidingseisoen ontvang nie. Talle vleisbeesprodusente reken dat prestasiegebaseerde spoorelemente, soos Zinpro Performance Minerals®, eerder teelminerale is. Hulle wil geld bespaar deur aanvullings vir koeie en bulle te gee ter voorbereiding van die teelseisoen, indien ooit.
Die tydperk vanaf geboorte tot en met die teelseisoen is van uiterste belang, maar prestasie-spoorelemente is net so belangrik vir fetale ontwikkeling, laktasie, immuunkwessies, groei en prestasie, asook gedurende stadiums wanneer voer van swak gehalte is.
’n Goeie begin vir voerkraalprestasie
Spoorelemente is belangrik om speenkalwers te help om ’n vinnige immuunreaksie te loods. Indien kalwers meer siektebestand is wanneer hulle gespeen word, sal hulle beter vreet en gewig aansit wanneer hulle by die voerkraal aankom. Zinpro het saam met die Texas Agricultural Experiment Station en North Carolina State University gewerk om die effek van prestasiespoorminerale teen die besmetlike beesrinotrageïtis-virus (IBRV) te bepaal.
Veertig kalwers is in die studie ingesluit. Die moeders van die kalwers in die studie is volgens liggaamsgewig (vanaf 100 dae prepartum tot speen) in twee groepe verdeel en het een van twee mineraalaanvullings ontvang. Die eerste aanvulling het 50 dpm sink (Zn) en 40 dpm mangaan (Mn) van Zinpro Performance Minerals bevat, terwyl die tweede anorganiese sink en mangaan in dieselfde hoeveelhede bevat het.
Die kalwers is in Januarie gebore, in Augustus gespeen teen ’n gemiddelde liggaamsgewig van 266 kg, en is toe 2 500 km na die Texas A&M University se navorsingsvoerkraal in Bushland, Texas, vervoer.
By die voerkraal is die kalwers nie teen IBRV ingeënt nie. Hulle is wel daaraan blootgestel en het dieselfde mineraalbronne ontvang as wat hul moeders gedurende dragtigheid ontvang het. Kalwers het vir 28 dae (die stresfase) die onderskeie aanvullings binne in die rantsoen ontvang.
Die kalwers wat prestasie-spoorminerale ontvang het, het dieselfde voerinname gehandhaaf en daarom was die toename in hul liggaamsgewig groter in die stresfase en gedurende die IBRV-blootstelling. Kalwers wat Zinpro Performance Minerals ontvang het, was ook beter bestand teen die stres en die immuunkwessies wat hulle ná speen ervaar het.
Hoewel die gemiddelde geboortegewig van die twee groepe kalwers nie verskil het nie, was die kalwers van koeie wat prestasie-spoorminerale ontvang het, sowat 7,6% (17 kg) swaarder met hul aankoms by die voerkraal.
Hulle was teen dag 28 ná aankoms reeds 8,7% swaarder as gevolg van verhoogde droëmateriaalinname teenoor die ander groep. Die kalwers wat prestasie-spoorminerale ontvang het, het in daardie tydperk daagliks 8,5 kg gevreet, teenoor die 7,6 kg van die ander groep. Dit wys daarop dat die prestasie-spoorminerale wat die kalwers via hul moeders ontvang het, hulle gehelp het om die vervoerstres en nuwe omgewing beter te verwerk.
Gedurende die IBRV-blootstelling het kalwers wat prestasie-spoorminerale ontvang het, net ’n 20%-afname in droëmateriaalinname getoon, terwyl die ander groep se droëmateriaalinname met 49,9% verminder het. Daarby het kalwers wat prestasie-spoorminerale ontvang het, ’n baie laer afname in liggaamsgewig getoon.
Gaan voort met die aanvullings
Hoewel kalwers van hul moeders leer om te wei, is dit nie ongewoon om ’n kalf te sien wat ’n vloeibare aanvulling lek nie. Dit is ’n goeie idee om kalwers voedingsgewys voor te berei met Availa® 4 (reg.nr.V19565, Wet 36 van 1947) vir minstens 90 dae vóór speen.
Beesprodusente en voedingskundiges behoort dit te oorweeg om Zinpro Performance Minerals in hul kalwers se kruipvoeding teen 1,13 kg Availa 4 per ton voer te gee. Vandat die kalwers die speenkraal binnegaan totdat die voorafkondisioneringstydperk voltooi is, kan Availa 4 teen 7 g per kop per dag gegee word.
Verseker beter voerinname met prestasie-spoormineraleSpeen is die mees stresvolle tyd in ’n kalf se lewe. Voerinname is dus aanvanklik swak. Aangesien Zinpro Performance Minerals beter deur beeste behou word, is dit wys om kalwers vóór en tydens die speenperiode met Availa 4 aan te vul ten einde beter voerinname te verseker.
Vra jou Chemuniqué-konsultant meer oor die voordele van optimale spoormineraalvoeding!
Dr. Jason Russel is ’n tegniese voedingskundige vir vleisbeeste by Zinpro.