AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Spuitkundigheid in die palm van jou hand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Suksesvolle gewasbeskerming behels meer as om net die regte produk te kies. Hoe, en veral wanneer, jy spuit, is van deurslaggewende belang. Met Syngenta se nuttige nuwe toep is dit nou veel makliker om die regte spuittydgleuf te kies.

Weersomstandighede is bepalend vir die doeltreffende toediening van gewasbeskermingsprodukte, grootliks omdat water as draer vir die chemiese middels gebruik word. Waterdruppels kan maklik deur wind van koers af gewaai word, ’n verskynsel bekend as wegdrywing, wat verhinder dat hulle hul teiken bereik. Humiditeit of lugvog is ook ter sake. Wanneer die lug te droog is, verdamp water vinniger met die gevolg dat die chemiese middel sy draerkomponent verloor en die produk nie tot by die teiken gedra kan word nie.

Verdamping en veral wegdrywing het ’n regstreekse impak op winsgewendheid. Daar word bereken dat tot 50% van die aktiewe bestanddeel in ’n produk verlore gaan wanneer wegdrywing plaasvind – dit wil sê dat die helfte van die geld wat jy op die produk uitgegee het, letterlik deur die wind weggewaai word.

Die ekonomiese noodsaaklikheid om wegdrywing te voorkom, gaan hand aan hand met ekologiese en volhoubaarheidsredes. Plante en diere in die omgewing rondom die toedieningsarea moet beskerm word, asook die volgehoue doeltreffendheid van die chemiese middels. Suboptimale toedienings en dosisse dra by tot die ontwikkeling van weerstand wat op lang termyn rampspoedige gevolge vir die produkdoeltreffendheid inhou.

Syngenta
Die regte produk en tydsberekening met spuit is bepalend of jou gewasbeskerming doeltreffend gaan wees. Foto: Verskaf

Al hierdie probleme word nou deur Cropwise Spray Assist, Syngenta se nuttige nuwe mobiele toepassing, aangepak. Die toep is gratis in die Google Play Store en die Apple App Store beskikbaar om op jou slimfoon afgelaai te word, kan enige plek in Suid-Afrika gebruik word en verskaf tans spuitprograminligting vir 14 verskillende gewasse, insluitend mielies, sojabone, suikerriet, sonneblom, kleingrane en verskeie groentegewasse.

Spray Assist gebruik weerdata vir die beoogde spuitarea om vyf dae vooruit vir produsente aan te dui wanneer omgewingstoestande suksesvolle en akkurate toediening sal verseker. Uurlikse spuittydgleuwe vir optimale toediening word bereken op grond van verwagte windrigtings en -snelhede, asook relatiewe humiditeit of lugvog. Sodoende kan jy vooruit beplan en boekhou van toedieningstye en weersomstandighede.

Die tegnologie gaan egter ’n stap verder. Dit gee aanbevelings vir watervolume per hektaar, trekkerspoed en die spuitpunte en instellings wat op die spesifieke gewas in die heersende omgewingstoestande gebruik moet word.

Met die hulp van hierdie tegnologie word wegdrywing beperk of heeltemal voorkom. Dit keer dat duur gewasbeskermingsprodukte vermors word en dat nie-teikengewasse en -plante nadelig beïnvloed word. Die korrekte spuitpuntkeuse verseker verder dat die produk die teiken bereik en behoorlik bedek vir optimale doeltreffendheid.

Cropwise Spray Assist haal, kortweg gestel, die raaiwerk uit jou spuitwerk.

Syngenta
Navrae:
Syngenta, webblad: syngenta.co.za/sprayassist
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot