AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Standard Bank-platform verskaf miljoene etes aan behoeftiges

akkreditasie
OneFarm Share, ’n aanlyn platform wat boere met voedingskemas verbind, het binne sy eerste sewe maande 1 000 ton vars produkte gelewer, wat 4 miljoen maaltye vir meer as 350 000 mense in Suid-Afrika verseker het.

OneFarm Share is ’n digitale pasmaat-platform wat boere verbind met geregistreerde liefdadigheidsorganisasies wat voedingskemas in verarmde gemeenskappe ondersteun. Die platform is deur Standard Bank met die samewerking van die landboutegnologie-pioniers HelloChoice en FoodForward SA van stapel gestuur. 

Volgens mnr. Lungisa Fuzile, uitvoerende hoof van Standard Bank Suid-Afrika, het die aantal boere wat by die platform aangesluit het, toegeneem tot 55 teen einde Mei. “(Dit het toegeneem) namate meer boere die woord versprei het en die geleentheid aangryp om produkte op die mark te kan aanbied en terselfdertyd ’n verskil te maak terwyl hulle doen waarvoor hulle lief is – om mense kos te gee.”

Mnr. Grant Jacobs, uitvoerende hoof en medestigter van HelloChoice, verduidelik dat boere die gemak van skenkings deur ’n enkele platform waardeer en OneFarm Share vertrou om hul produkte by gemeenskappe te kry.

Volgens Fuzile is die inisiatief steeds op koers om 2021 se doelwit te bereik, naamlik om sy impak tienvoudig te verhoog en 7 400 ton voedsel in al nege provinsies te lewer, wat meer as 30 miljoen voedsame maaltye vir behoeftiges moontlik sal maak. 

Gedigitaliseerde oplossing vir hongerverligting

OneFarm Share is ontwikkel in reaksie op probleme wat deur die covid-19-pandemie geskep én vererger is. Baie boere het met ’n ooraanbod van produkte gesit, want die vraag na vars produkte het afgeneem en kleinhandelaars het op verskaffing besnoei. Terselfdertyd is miljoene mense deur die bedreiging van toenemende honger in die gesig gestaar.

“Dit is waar OneFarm Share ter sprake kom," verduidelik Fuzile. “Die platform bied boere alles wat hulle nodig het, van finansiering tot markinligting, logistiek en pakhuisondersteuning om vinnig en doeltreffend kos op die tafel te sit vir behoeftige huishoudings.

“Ondervoeding is deur covid-19 vererger, met veral kinders wat geraak is. Hierdie kwessie kan nie net deur organisasies sonder winsoogmerk opgelos word nie. ’n Ekostelsel van veelvuldige betrokkenes sal die grootste impak hê op die oplossing van ’n probleem wat die groei van ons samelewing belemmer.” 

Mnr. Andy du Plessis, besturende direkteur van FoodForward SA, sê: “Die OneFarm Share-inisiatief benut die krag van sy vennote. FoodForward SA beskik oor die infrastruktuurkapasiteit, onder meer koelkettinggeriewe en ’n netwerk van begunstigde organisasies, om die groot skenkings van boere te ontvang wat hulle direk aan ons pakhuise landwyd lewer. 

“Ons versprei hierdie voedsel aan begunstigde organisasies wat vooraf nagegaan is en deurlopend gemonitor word, om te verseker dat die kosskenkings wat ons in vertroue deur die OneFarm Share-inisiatief ontvang, direk na begunstigdes gaan. Ons verskaf Artikel 18A-sertifikate aan die boere wat skenkings aan ons maak, sodat hulle ook hierdie voordeel ontvang. As FoodForward SA is ons geëerd om deel te wees van die OneFarm Share se mylpaal van 1 000 ton.”

Individue kan via Snapscan skenkings maak, wat internasionale skenkings moontlik gemaak het. ’n Skenking van R100 sal byvoorbeeld die ekwivalent van 'n voedsame voedselmandjie wees wat kool, aartappels, botterskorsie, appels, beet en 'n piesang bevat. R250 bied daarteenoor dieselfde voedsame kosmandjie vir 10 mense. Vir nog inligting, besoek www.onefarmshare.co.za of maak 'n bydrae deur SnapScan hier onder.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot