AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Te min geld vir aftrede... wat nou?

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Baie mense begin in hulle vroeë of middel twintigs werk met die plan om op 65 tevrede af te tree. Skielik breek die dag aan en die harde werklikheid tref dat hul spaargeld vir aftrede nie genoeg is nie. Hoe nou gemaak?

Daar is raad wanneer dit tyd is om af te tree en jou spaargeld is onvoldoende. Hier is ’n paar wenke om te oorweeg.

Aanvaar dit en maak ’n plan. Hoe vinniger jy dit aanvaar, hoe beter. Dan kan jy veranderinge aan jou leefstyl maak om aan te pas by dit wat jy het. Nou is die tyd om ’n finansiële adviseur se hulp te vra oor hoe jy jou beleggings kan herstruktureer.

Heroorweeg jou aftreedatum. Baie maatskappye bied kontrakte aan sodat mense kan aanhou werk ná die ooreengekome of verpligte aftreedatum. Oorweeg dié opsie ernstig. Sommige maatskappye laat mense toe om vir langer as die “tradisionele” aftree-ouderdom van 65 te werk.

Maak seker wat jou inkomste gaan wees. Dit is belangrik om te weet wat jou opbrengste uit jou aftrede-beleggings gaan wees sonder dat die kapitaal te vinnig afneem. Hou in gedagte dat inkomstebelasting van jou maandelikse salaris verhaal sal word voordat dit in jou rekening is. Sodra jy weet hoeveel jy nodig het, is dit tyd om te besluit watter items in jou maandelikse begroting noodsaaklik is en watter is luukses.

Heroorweeg jou eiendom. Dit is onwaarskynlik dat jy ’n groot huis gaan nodig hê wanneer jy aftree. Dit is nie die moeite werd om ’n groter woning te behou en voort te gaan met die instandhouding daarvan (en betaling daarvoor) vir ’n jaarlikse besoek van jou kinders nie.

Herstruktureer jou vooraftrede-besparingsplan. As jy voor aftrede spaar, maar skuld het wat ná aftrede nog nie afgelos gaan wees nie, werk daaraan om die skuld so vinnig as moontlik af te betaal. Sodra die skuld afgelos is, kan belastingdoeltreffende spaar vir aftrede hervat word.

Ondersoek bykomende bronne van inkomste ná aftrede. As jy kragtens jou werkgewer se regulasies móét aftree, kyk na ander opsies waaruit jy ’n inkomste kan verdien. Byvoorbeeld, as jy ’n onderwyser was, bied ekstra klasse aan.

’n Belangrike aspek om te oorweeg, is die feit dat jou inkomstevereistes tydens aftrede sal verander. In baie gevalle vereis die eerste vyf tot tien jaar van aftrede meer geld, omdat afgetredenes tyd en geld op vakansie bestee. Dié begeerte vervaag later en besteding konsentreer dan op huislewe en aktiwiteite in die omgewing waar mense woon. Wees gereed vir stygings in mediese uitgawes, nie net bydraes tot ’n mediese fonds nie, maar ook direkte besteding aan mediese behandeling.

Dit is belangrik om so gou as moontlik met ’n finansiële adviseur te gesels sodra jy besef dat jou aftreeplan aangepas moet word. Baie mense oorskat die inkomste wat hulle uit beleggings gaan verdien wanneer hulle nie meer werk nie; ’n kwessie wat ’n adviseur in besonderhede kan toelig.

Lees meer oor ’n plan vir jou aftrede: Beplan jou aftrede.

Me. Suzean Haumann is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner® en hoof van Brenthurst Wealth Tygervallei.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot