
Syngenta, ’n spesialis in gewasbeskerming, se AgriClime-oplossing is aanvanklik ontwikkel as ’n buffer vir produsente teen die impak van droogtes. In die 2020-seisoen het milde reën egter tot versuiptoestande gelei, wat veral droëboon-opbrengste, maar in sommige gevalle ook mielies en ander gewasse erg geknou het. Dit het Syngenta aangespoor om produsente ook teen te veel reën te help beskerm.
Die maatskappy het daarom die AgriClime-model aangepas om produsente ewe veel ondersteuning te gee ongeag of ’n seisoen te droog of te nat is. AgriClime maak dit moontlik vir produsente om ’n gedeelte van hul Syngenta-produkaankope in kontant terug te kry aan die einde van ’n seisoen met te lae óf te hoë reënval. AgriClime is ’n finansiële oplossing wat weerafleisels gebruik om produsente te beskerm teen die risiko van oesverliese veroorsaak deur droogte óf te veel reën.
Wanneer reënval so na aan perfek as moontlik is, sal die produsent optimale tonne kan stroop danksy Syngenta se gehalteprodukte wat die gewasse beskerm. In ’n droë of uitermate nat jaar bied Syngenta ondersteuning in die vorm van ’n kontantterugbetaling gegrond op die produsent se Syngenta-aankope.Hoe werk dit
AgriClime is gegrond op spesifieke koördinaatpunte op die produsent se land wat die stelsel dan na ’n kwadrant van 5 km x 5 km verwerk. Die kwadrant se gemiddelde reënval oor 20 jaar word vir ’n spesifiek tydperk in die seisoen (bekend as die risikotydperk) bepaal. Die produsent kies die risikotydperk vooraf, byvoorbeeld van 1 Februarie tot 15 Maart.
Hy kan ook besluit om teen te min óf te veel reën, óf albei, verskans te word. Die stelsel bereken dan die produsent se unieke uitbetalingskriteria, byvoorbeeld R1 400 vir elke 1 mm bo die reënvaluitbetalingspunt.
Die gemiddelde reënval word vergelyk met satellietdata van die werklike reënval vir die kwadrant tydens die risikotydperk. Indien die reënval beduidend minder óf meer as die produsent se uitbetalingspunt is, is ’n persentasie-uitbetaling ter sake. Na gelang van die omstandighede, kan produsente tot 27% van die aankoopwaarde van hul Syngenta-gewasbeskermingsinsette terugkry as droogte of versuiptoestande, of albei, hul opbrengs benadeel.
Syngenta wil hê dat produsente te alle tye met vertroue in sy produkte kan belê omdat hulle weet die maatskappy se ondersteuning strek verder as gewasbeskerming. Niks illustreer dit beter as AgriClime nie.
Produsente wat belang stel om aan AgriClime deel te neem, kan die volledige besonderhede by hul naaste Syngenta-agent bekom. Al wat nodig is, is om ’n Syngenta-kliënt te word en op die Syngenta-stelsel te registreer.