
Die Son-Safari-landbouskou in Mauritius is ’n hoogtepunt op vanjaar se kalender. Daar gaan wêreldklas-landbousprekers en -uitstallers wees, konserte deur Afrikaans is Groot-produksies, kosklasse, motiveringsprekers, gholf, watersport, son, see en skemerkelkies.
Dié skou word vanaf 30 April tot 5 Mei by die Sugar Beach-vakansieoord deur Laeveld Agrochem aangebied.
Die goeie nuus is dat Landbouweekblad een gelukkige Landbou.com-intekenaar en ’n metgesel die kans gee om die Son-Safari gratis by te woon! Al wat jy hoef te doen, is om ingeteken te wees op Landbou.com. Alle bestaande, sowel as nuwe intekenare, wat tot 31 Maart 2022 op Landbou.com ingeteken is, kom in aanmerking.
Dié reuseprys sluit in ’n vliegtuigkaartjie vir twee, vyfsterverblyf, toegang tot alles wat die skou bied en ’n basiese ete- en drankiepakket. Daar is ook 50 geskenkbewyse ter waarde van R10 000 elk te wen vir intekenare. Dié geskenkbewys is slegs ter gebruik vir die Son-Safari en tydens bespreking. Dit is nie verhandelbaar of omruilbaar nie.
Nog vyf intekenare kan elk ’n geskenkbewys van R5 000 wen, geborg deur Landbouweekblad. Die kompetisie sluit op 31 Maart 2022.
Hoe teken jy in op Landbou.com?
Dis maklik:
• Klik hier en voltooi die intekenproses op Landbou.com.
• Stuur ’n e-pos na Intekenare.nuut@media24.com.
• Bel 087 353 1300.
• SMS die woord LANDBOU na 31069 en ’n konsultant sal jou kontak.
Wat kry jy?
Benewens ’n kans om ’n reis na Mauritius te wen, kry intekenare vir slegs R149 per maand (soveel soos net die tydskrifte in ’n maand sou kos) toegang tot ’n wêreld van landboukennis deur:
• Landbouweekliks-episodes oor topboere.
• Spesiale tydskrifte soos Vee, Tegnologie, Boereplanne en Boerekos.
• Boeke deur die land se top-veeartse en -kenners soos dok Faffa Malan, prof. Hennie Snyman en Theo Vorster.
• ’n Luisterfunksie (bly op die hoogte van artikels selfs terwyl jy bestuur!) en ’n omvattende artikelargief.
• Webinare en konferensies, asook afslag op alle nuwe webinare.
• En natuurlik jou weeklikse Landbouweekblad in PDF-formaat.
Netwerk24-intekenare kan vir slegs R85,75 per maand ekstra inteken deur 087 353 1300 te bel.
Die kompetisie is oop van 1 Februarie 2022 tot 31 Maart 2022. Alle Landbou.com-intekenare teen die sluiting van die kompetisie sal deel wees van die trekking.
Jy moet in besit wees van ’n geldige passpoort om die eerste prys te kan ontvang, die ander pryse sal as afslagkoepons gebruik kan word tydens Son-Safari-bespreking. Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Wenners sal op 1 April 2022 telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure skakel. As hy of sy nie met een van dié drie oproepe nie bereik kan word, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade of ongelukke wat spruit uit deelname aan die kompetisie of op die eiland nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant of ’n ander prys verruil word nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke). Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 en Laeveld Agrochem toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.Covid-19-regulasies
Die owerheid van Mauritius vereis dat gaste (ouer as 18 jaar) teen covid-19 ingeënt is. Alle gaste, kinders ingesluit, moet ook ’n geldige dokument vir ’n negatiewe covid-19-toets verskaf, wat binne 72 uur vanaf hul aankoms in Mauritius gedoen is.?Gaste wat ingeënt is met Pfizer, Astra Zeneca (Covishield), Astra Zeneca (Vaxzevria), Covaxin, Moderna, Sinopharm, Sputnik of Sinovac (CoronaVac) benodig albei dosisse minstens 14 dae voor aankoms en Johnson & Johnson (J&J) 28 dae voor aankoms in Mauritius.? Indien die landbouskou afgelas word weens Covid-19-beperkings deur Suid-Afrika of Mauritius, sal die wenner nie in ruil vir die eerste prys ’n kontantbedrag gelykstaande aan die waarde van die prys ontvang nie. Indien die skou uitgestel word, sal die wenner se prys steeds geldig wees en aanskuif na die nuwe datums. Indien die wenner en sy of haar metgesel self nie meer kan gaan nie weens ’n positiewe covid-19-toets, kan die bespreking oorgedra word aan iemand anders van sy of haar keuse, sonder ekstra koste. (Die naamsverandering op vliegkaartjies het gewoonlik wel addisionele koste tot gevolg vir die wenner se eie rekening.)
Privaatheid
Deur aan hierdie kompetisie deel te neem, stem jy in dat Media24 jou persoonlike inligting mag insamel en verwerk vir die doeleindes om hierdie kompetisie uit te voer. Ons is daartoe verbind om jou reg op privaatheid te beskerm. Besoek asseblief ons privaatheidsportaal by https://www.media24.com/group-privacy-portal/ vir meer besonderhede oor hoe Media 24 jou persoonlike inligting verwerk in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet 4 van 2013).