
Die plaas Wolwekloof, gedeelte 182 van die plaas Rietvalley 77, wat op ’n veiling aangebied word, is 95,5 ha groot. Op die eiendom kan 48 ha besproei word uit die Stompdrift-Kamanassie-skema, met serwitute, ’n kanaal en pompregte uit die Olifantsrivier wat oor die plaas loop. Daar is waterregte uit ’n standhoudende boorgat en 56 ha besproeiingslande onder ’n agttoringspilpunt en sleeptoue.
Die plaas is geskik vir die aanplanting van lusern, mielies en koring.
Daar is ’n vierslaapkamerwoning, buitegeboue en voerkrale op die eiendom.
Dit is in ’n veilige gebied met pragtige natuurskoon. Daar loop nie ’n openbare pad oor die plaas nie. Dis die ideale geleentheid om jou leefstyl met ’n ekonomiese boerdery te kombineer.
MEGANISASIE EN VOERTUIE
Op die veiling word ook heelwat voertuie, werktuie en trekkers aangebied.
Voertuie
- Toyotas: 2 x D4D 3L; 2.4D; D4Dx 2.5D, 2,2 liter-petrol.
- Isuzu: 2,8KB DT.
- Nissan: CW 350 vragmotor met veekante.
- 10 m enkelas-sleepwa met veekante.
- 10 m hoëspoedsleepwa met plat bak en dubbelas.
- Mitsubishi: 26-sitplek-passasiersbus (puik).
Geel werktuie
- JCB: Telehandler 535 – 95 loadall; 3CX TLB (4x4); JS 240LC-graafmasjien; platbak-sleepwa vir graafmasjien.
- CAT 226 SKIDSTEER met hidrouliese grondboor en besem en Simex PL 3515-padbouwerktuig.
- Linde H45, 4,5 t-vurkhyser.
Skroppe en skrapers
- Nammco-padskraper (5,6 m bakwydte).
- CAT 12 m³.
- Wright 4 m³.
- Agrico 4 m³.
John Deere-trekkers
- John Deere (4x2): 6320.
- 2 x 6300.
- 2 x 5425.
- 1 x 5625.
- 1 x 5615.
- 1 x 5415.
- 1 x 2130.
Sleepwaens
- Hendrid-massawa.
- 2 x vierwiel.
- 1 x vierwiel met 6 m-valkante.
- 2 x tipwaens.
- 4x4 wiel spoorwegwaens
- Tweewielplatbak (toegebou).
- 3 x watertenkwaens.
- 800 liter-dieselkar.
Balers
- Rond: 1250 Krone (net).
- John Deere 568.
- Vierkant (tou).
- 2 x Claas Markhant 50.
- Welger RP630.
- Vierkant baalkar.
- Schoonspruit- hidrouliese vierkantbaalhysbak.
Oeswerktuie
- John Deere 1065-stroper (mieliebek, koringtafel, en laaitafel).
- Cango-wanmasjien.
- 2 x Sandei SL 350 tamatiestropers (selfaangedrewe).
- Sooisnyer.
Hooitoerusting
- Falcon-hooimaker F80/180EV 150.
- Taarup 502 (double chop).
- Kuhn GMD55-vyftolsnyer.
- John Deere 4890-platsnyer.
- Southtrade 343-mieliekerwer met laaier.
Harke
- 2 x Kuhn SR300.
- Kuhn-waaierhark GA6501x6,5 m.
- Vier- en vyfwielharke.
Strooiers
- Rovic (5 ton op wiele).
- Driepunt-Cosmos.
Mengers en voerfabriektoerusting
- Seko Sam 5 (15 m³) 500/153.
Voerfabriek
- Van Aarsen Lintel 5 ton-menger met 75 kW motor + 5 ton-hopper.
- 3 ton vertikale menger, 45 kW, met awegaaraftappe.
- 1 ton- horisontale menger met laaiawegaar.
Verkoelingseenhede
- Cascade-voerkorrelverkoeler met suigwaaier en sikloon.
- Voerawegaar (verskuifbaar).
- Voerawegaar met band.
Hamermeulens
- Drotsky P36 met 57 kW motor.
- Albert Koop-vierkantbaalhamermeul (55 kW) met baalkerwer (18 kW) en blaser (kombinasie).
- Balie-hamermeul (rondebaal), 75 kW
Grondbewerking
- JS (64-tand-fieldspan).
- RSE (12 t hidrouliese tandwerktuig).
- Spitploeg.
- Vierskaar- hidrouliese pompiesploeg.
- 1 t-tandwerktuig.
Slattery
- RSE (eenrigting), 12 skottels.
- Uiebolplanter.
Spuite
- Tecnoma (elektries) 1 000 liter.
- 600 liter Tecnoma.
Woonwaens
- Jurgens Fleetline XL.
- 2 x Sprite-dubbelwiel (almal gelisensieerd).
Diverse
- Kompressor.
- Waterpompe.
- Vierwielmotorfiets (Yamaha 160 cc A).
- Melktenk (5 000 liter met kompressor).
Jagpakkette
Daar is verskeie pakkette op Oudtshoorn-wildplaas wat elande, koedoes, springbokke en akkommodasie insluit vir drie nagte.
OOR VAN RENSBURGS AFSLAERS
As jy die verkoop van jou huis, plaas, besigheid, fabriek, grond of enige ander kommersiële, industriële of residensiële eiendom oorweeg, het Van Rensburgs die ervaring, rekord en professionele span om jou veiling in ’n groot sukses te omskep. Aan die ander kant, as jy in die mark is om eiendom te koop, kan jy nie verkeerd gaan deur ons veilings by te woon nie. Wie weet, jy gaan dalk huis toe met die winskoop van ’n leeftyd.
Kom besigtig vanaf 17 Junie 2022.