AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Tyd om nee dankie te sê vir uittree-annuïteite

akkreditasie
Vir etlike dekades was dit standaard-advies van die reuse-versekeringsbedryf in Suid-Afrika aan alle entrepreneurs en mense wat vir hulleself werk – soos boere – om uittree-annuïteite (UA’s) te gebruik as ’n beleggingsinstrument om welvaart en ’n pensioen op te bou.

Hierdie advies was daarop gegrond dat dit “uitstekende belastingvoordele” bied. Enige bydrae tot ’n geregistreerde UA sou dan, tot binne sekere maksimum perke (R350 000 of 27,5% van bruto inkomste), aftrekbaar wees van belasbare inkomste. In teenstelling met ander beleggingsprodukte is weinig aandag geskenk aan die verwagte opbrengs van die produk oor die termyn asook wat met die geld aan die einde van die termyn gebeur.

Die opbrengste van UA’s was tot in 2011 betreklik goed en beleggers kon vrylik keuses maak tussen alle soorte bateklasse, en ook tussen binnelandse en buitelandse markte. Dit was selfs moontlik om 100% van ’n UA te plaas in ’n buitelandse fonds, waar die opbrengste sedert 2011 beduidend beter as plaaslike markte was.

Die keuse is oorgelaat aan die individu.

In 2011 het die tesourie sekere wysigings gemaak aan regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse (Wet 24 van 1956) en sekere voorskrifte neergelê oor hoe en waar beleggers se geld belê mag word. Kragtens dié regulasie mag slegs 30% van beleggings in UA’e (dit geld ook pensioen, voorsorgfondse en bewaringsfondse) aan buitelandse bates toegewys word. 

Beleggers wat voor daardie datum 100% buitelandse bates in hul portefeuljes gehad het, is toegelaat om daardie blootstelling te hou, mits daar geen verdere toevoegings of veranderings gemaak is nie.

Die beperking op buitelandse beleggings was uiters skadelik vir die beleggingsopbrengste op UA’s, want (a) buitelandse opbrengste oor die afgelope 10 jaar was dubbel en in sommige gevalle driedubbel wat op die plaaslike JSE verdien is, en (b) die JSE was een van swaks presterende aandelemarkte.

Die uiteinde van hierdie beperking die afgelope 10 jaar was dat die meeste UA’s oor hierdie termyn, ná koste en inflasie, geen opbrengs aan houers van hierdie instrumente verdien het nie.

‘n Tweede probleem, wat veral tydens die covid-19-pandemie akuut geword het, was die gebrek aan likiditeit, veral vir mense onder die ouderdom van 55. Bo en behalwe die swak opbrengste en gebrek aan likiditeit tot op 55 jaar is daar nou bykomende probleme vir lede van UA’s en bewaringsfondse.

Die tesourie het nuwe reëls aangekondig wat van toepassing is op mense wat wil emigreer. Hul geld in UA’s moet nou vir ’n bykomende drie jaar in Suid-Afrika bly voordat dit vrygestel sal word.

Meer onlangs het die tesourie (Julie 2021) aangekondig dat die net om hierdie geld in aftreefondse nog nouer gespan word deurdat die geld by onttrekking voortaan blootgestel sal word aan ’n onttrekkingstarief, waarvan die finale besonderhede nog nie uitgereik is nie.

Die vraag moet nou dringend gevra word: Maak dit enigsins nog sin om enige geld in ’n UA te hê indien daar enige kans op emigrasie in die toekoms bestaan? Die antwoord hierop is ’n groot nee.

Ter opsomming, ’n UA is nie ’n produk wat ek aanbeveel in die huidige vorme nie. Oorweeg eerder buitelandse bates, hetsy ’n bateruilfonds of direkte beleggings in die buiteland.

Hou sover as moontlik beheer oor jou eie geld. Nog verdere ingryping deur ’n bankrot ANC-regering word verwag. 

Magnus Heystek is beleggingstrateeg van Brenthurst Wealth.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot