
Gewasvoeding speel ’n belangrike rol by optimale aartappelproduksie. Om die doeltreffendheid te verseker, is dit noodsaaklik dat die gebruik van die kunsmis moet saamval met spesifieke fisiologiese prosesse in die gewas. Tessenderlo Kerley se reeks produkte maak dit maklik om in te pas by die produsent se bestaande voedingsprogram.
Dié maatskappy se hele reeks kunsmisprodukte kombineer ’n makro-voedingselement met swael (S). Swael is ’n noodsaaklike plantvoedingselement en word deurentyd benodig vir optimale plantgroei. Tessenderlo Kerley se vlagskipproduk, SoluPotasse® (reg. nr. K10739, Wet 36 van 1947), is wêreldwyd bekend as ’n wateroplosbare kaliumsulfaat van topgehalte wat spesifiek ontwikkel is vir aanwending deur enige besproeiingstelsel.
Granu Potasse® (reg.nr. K10737) is sy korrelproduk en ideaal vir direkte aanwending of vir vermenging met ander kunsmis. K-leaf® (reg.nr. K10736) is spesiaal geformuleer vir blaarbespuiting. Dit bevat vinnige en volledig oplosbare kalium en swael wat uitstekend deur die plante opgeneem word.
Tiosulfate is unieke, helder vloeibare, hoëprestasie-kunsmis. Dit besit eienskappe wat kostedoeltreffende, eenvormige aanwending verseker. Dit verbeter die doeltreffendheid van die bestaande voedingsprogram.
Thio-Sul® (reg.nr. K10913) is ’n vloeibare ammoniumtiosulfaatkunsmis wat stikstof en swael bevat. KTS® (reg.nr. K10912) is die vloeibare kunsmis met die hoogste konsentrasie kalium beskikbaar.
CaTs® (reg.nr. B5807) is die ideale vloeibare produk wat onmiddellik beskikbare kalsium en swael vir optimale gewasproduksie bied. Tiosulfate hanteer maklik en is veilig om te gebruik. Die helder vloeistof sal nie druppers verstop nie.
Vir nog inligting oor Tessenderlo Kerley, kyk dié video: