
Met ’n sagter, organiese benadering boer jy met gesonder grond wat plantegroei optimaal bevorder. Boonop laat jy die grond beter na vir die volgende geslag. Die gebruik van produkte wat organiese materiaal bevat, stimuleer mikrobe-aktiwiteit wat tot ’n gesonder ekostelsel lei.
Waarnemings deur vooraanstaande organiese produsente in die Noord-Kaap het getoon dat rosyne wat volgens ’n organiese benadering verbou word, siektedruk en plae beter weerstaan, en ’n produk van uitstekende gehalte lewer. Waar organiese praktyke toegepas was, het min of geen druiwekorrels ná swaar reën afgespeen. Daarteenoor het talle korrels afgespeen waar die gewone konvensionele praktyke toegepas is.
Die regte produk vir resultate
Organiese boerdery het uitsonderlike uitdagings, soos probleme met die bekamping van sommige siektes en plae. Atlantic Fertilisers het ’n wye reeks Eco-produkte wat almal organies gesertifiseerd is en voldoen aan die standaarde van EcoCert en NOP.
Atlantic Fertilisers het die regte produkte waarmee die produsent ’n sukses van sy organiese boerdery kan maak. Deur hierdie produkte in ’n program te kombineer, word optimale resultate behaal. Die Eco-reeks sluit in: Eco-Ganic, Eco-Rock, Eco-Ocean, Eco-Fruit en Vishidrolisaat.
Eco-Ganic is die basiese produk. Dit bestaan uit gekomposteerde, verpilde hoendermis. Die produk is ’n grondkondisioneerder en verbeter die grond se vrugbaarheid en die grond se mikrobe-aktiwiteit. Die organiese komponent verbeter die grond se struktuur, tekstuur asook porositeit en jy put voordeel uit al die mikro-elemente asook humien- en fulviensure wat natuurlik in die mis voorkom. Navorsing by Vredendal het getoon dat twee ton Eco-Ganic dieselfde effek lewer as 43 kubieke meter onverwerkte mis. Die rede hiervoor is die voedingstowwe is meer gekonsentreerd toegedien omdat die mis in verpilde vorm voorkom.
Eco-Rock is gekomposteerde, verpilde hoendermis wat verryk is met sagte rotsfosfaat. Die produk word hoofsaaklik gebruik met die vestiging van meerjarige gewasse of waar fosfaat aangevul moet word. Dit gee ’n jong stokkie met ’n beperkte wortelstelsel die regte hoeveelheid voedingstowwe teen ’n veilige konsentrasie in die direkte wortelomgewing. Dit bevorder optimale groei en ontwikkeling wat lei tot ‘n voorsprong bo die res. Eco-Ocean is gekomposteerde, verpilde hoendermis verryk met seewier en vismeel. Die produk bevat al die voordele wat verkry word met die toediening van hoendermis, asook die verbeterde groei wat veroorsaak word deur die biostimulant-effek afkomstig vanaf die seewier en vismeel.
Eco-Fruit bestaan uit gekomposteerde, verpilde hoendermis wat met organies gesertifiseerde kalium verryk word. Die produk is spesifiek vir die rosyntjiemark ontwerp om aan die kaliumbehoefte in ’n organiese stelsel te voorsien. Agtergrondstikstof, fosfaat, mikro-elemente, humien- en fulviensure wat natuurlik in die hoendermis voorkom, word dan terselfdertyd toegedien.
Vishidrolisaat is ’n biostimulant wat vervaardig word deur vis wat afgebreek word deur middel van ’n koue, ensimatiese proses en dan gefiltreer word. Die produk bevat aminosure en omega 3-visolies wat direk plantopneembaar is en bydra tot verbeterde wortelontwikkeling en groei.
Die produk voed die mikrobes wat lei tot die vermeerdering van die mikrobepopulasie. Die vermeerderde mikrobes mineraliseer die voedingstowwe wat opgesluit is in die organiese materiaal en verbeter die vrystelling van hierdie voedingstowwe, veral stikstof uit die organiese materiaal. Die produk kan toegedien word deur die besproeiingstelsel, direk op die grond, of as ’n blaarvoeding.