
Omdat vestigingskoste elke jaar styg, is deeglike beplanning en die regte grondvoorbereiding van deurslaggewende belang.
Grondklassifikasie en grondmonsterneming moet plaasvind waarna die nodige grondregstellings gemaak word deur middel van die toediening van gips, kalk, fosfaat, organiese materiaal en ander elemente wat nodig kan wees.
Dit word toegedien om die verlangde grondvrugbaarheid te bereik wat noodsaaklik is vir die gewas in gedagte.
Grondbewerking volg om die deeglike vermenging van ameliorante, die opbreek van beperkende lae en goed deurlugte grond te bewerkstellig. Hierdie stappe bevorder die ontwikkeling van gesonde wortelstelsels en die langlewendheid van die betrokke gewasse.
Bio Rock word aanbeveel met die vestiging van meerjarige gewasse soos wingerd en vrugtebome. Dit skep ’n gunstige omgewing vir die jong stok of boompie se beperkte wortelstelsel om in te ontwikkel.
Die organiese materiaal dien ook as voeding vir die mikro-organismes, en dra by tot die algemene grondgesondheid en vrugbaarheid.
Bio Rock bied ’n gebalanseerde reeks natuurlike voedingstowwe en humate wat op worteldiepte toegedien word. Bio Rock word gemeng met die grond van die plantgat waarmee die boom of stokkie gevestig word. Dit word opgevolg met ’n deeglike besproeiing wat help om lug rondom wortels uit te druk en die grond te stabiliseer.
’n Jong boom- of stokvoedingsprogram word saamgestel uit ’n kombinasie van Atlantic Fertilisers se wateroplosbare produkte, vishidrolisaat en BioKelp X5. Gereelde toedienings word gemaak vir gesonde ontwikkeling en die groeikragtigheid word deurentyd gemonitor.
Atlantic Fertilisers se blaarspuite kan ook ingespan word om die jong plante se beperkte wortelstelsels te ondersteun en spoorelemente aan te vul indien nodig.