
VKB Graanbemarking wil in al sy kliënte se behoeftes met graanhandel voorsien en dit word gerugsteun deur doeltreffende stelsels, prosedures, opgeleide personeel en ’n Safex-setel.
Deurlopende markinligting van ’n hoë standaard word daagliks op verskeie platforms aan alle partye voorsien. Die platforms sluit in daaglikse markverslae, stemboodskappe, radio-onderhoude en ook WhatsApp- boodskappe.
Die bemarking van graan is anders as die gewone koop en verkoop van ’n kommoditeit. Dit gaan oor inligting, oor verhoudinge en oor diens. Dis nie ’n toevalligheid nie, maar ’n doelbewuste aankoop en verkoop van graan met die doelwit om die beste vir die produsent te bewerkstellig. Jy moet die besigheid ken en verstaan, maar uiteindelik rus die verantwoordelikheid op elke spanlid se skouers om VKB se beeld – waaraan mense meer as 100 jaar reeds gewerk het – te beskerm.
Alles wat internasionaal gebeur, beïnvloed die prys van graan. Suid-Afrika is klein op die wêreldmark. Hy lewer ongeveer 16 miljoen ton mielies per jaar teenoor die 360 miljoen ton mielies wat Amerika jaarliks lewer.
Die VKB-gebied is goed geleë vir uitvoer deur die Durban-hawe. Die totale Suid-Afrikaanse geelmielie-uitvoer staan tans op 1,25 miljoen ton, waarvan 1,2 miljoen ton diepsee-uitvoer is en 50 000 ton na Afrika-lande. Van witmielies word 235 000 ton uitgevoer, waarvan 100 000 ton diepsee is. VKB se bydrae tot Suid-Afrika se totale mielie-uitvoer is meer as 650 000 ton.
VKB Graanbemarking, met die samewerking van silodienste, het in ’n baie kort tydperk die graan uitgelaai, tot 200 trokke per silo per dag. Die vinnige uitlaai van mielies en deelname aan die uitvoerprogram kon VKB Graanbemarking in staat stel om baie goeie premies te beding vir sy produsente.
Vir VKB is elke produsent belangrik en VKB Graanbemarking probeer die beste gemiddelde prys vir elke boer bewerkstelling. Die boer soek ’n goeie prys en dit is wat VKB bied – gepaardgaande met gemoedsrus en puik diens.
VKB se ligging in Suid-Afrika is uitstekend vir plaaslike én internasionale besigheid. Voeg daarby VKB se goeie naam in die bedryf en dit is te verstane dat kopers verkies om met VKB sake te doen.
VKB se beeld is belangrik en almal dra by om die beeld gunstig te hou. VKB is ’n uitstekende maatskappy om voor te werk, danksy goeie bestuur. Die span gee om vir mekaar en het ’n goeie verhouding met silo-personeel en produsente. Elkeen in die span bring sy of haar kant en werk met akkuraatheid as uitgangspunt sodat na die beste van hul vermoë na die produsent se belange omgesien word.
VKB Graanbemarking se doel is om in alle aspekte wêreldklas te wees. Daar is ook ’n nuwe stelsel ingestel om in alle behoeftes te voorsien en om huidige inligting vinniger en meer verstaanbaar te maak. VKB wil hê dat alle kliënte die VKB-groep as voorkeurdiensverskaffer sien en ervaar.