AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Volhoubare melkboerdery ook goed vir die eindresultaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Shutterstock (Verskaf deur Nedbank)
Foto: Shutterstock (Verskaf deur Nedbank)
Volhoubaarheid is besig om vastrapplek te kry in die plaaslike suiwelbedryf.

Volhoubaarheid is besig om vastrapplek te kry in Suid-Afrika se suiwelbedryf. Luidens ’n onlangse studie van die suiwelbedryf kan volhoubare beste praktyke winsgewende melkproduksie ’n hupstoot gee en ’n kleiner omgewingsimpak hê.

Die onlangse verslag “Making a business case for sustainable dairy production” handel oor navorsing wat van 2013 tot 2019 gedoen is met data wat verkry is van 62 weidingsmelkplase in Suid-Afrika. Die navorsers het – nie heeltemal verrassend nie – bevind dat die toepassing van volhoubare beste praktyke tot winsgewender melkproduksie met minder nadelige omgewingsimpak behoort te lei.

Hierdie omvattende studie ondersoek die verband tussen die ekonomiese en omgewingsfasette van volhoubaarheid met betrekking tot melkproduksie op melkplase in Suid-Afrika. Die data is verkry uit ’n gevallestudie deur Trace and Save van weidingsmelkplase in die Oos-Kaap (55 plase), Wes-Kaap (vier) en KwaZulu-Natal (drie).

Trace and Save is ’n volhoubaarheidsbepalingsplatform wat vergesel word van ’n bestuurstelsel en aanlyn platform wat volhoubaarheid op plaasvlak meet, naspeur en verslag lewer oor en is ontwerp vir enige grondgebaseerde vorm van die landbou. Gegewe die gebrek aan absolute metings van volhoubaarheidsprestasie en sertifiseringstandaarde in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf is die Trace and Save-stelsel as die rigtinggewende metodologie aangeneem.

’n Ondersoek na die grondkoolstofvlakke, koolstofspoor en voedingstofbenutting van gevallestudie-plase het aan die lig gebring dat die beste Suid-Afrikaanse weidingsmelkplase ’n betreklik lae omgewingsimpak het vergeleke met wêreldgemiddeldes. Die grondkoolstofvlakke is ook ver bogemiddeld. Selfs die medium-omgewingsimpakgroep weerspieël relatief goed vergeleke met wêreldgemiddeldes. Wat uiters belangrik is, is dat die studie aan die lig gebring het dat vir die landbou om volhoubaar te wees, herstel van grondgesondheid noodsaaklik is, en nie net die handhawing van grondvrugbaarheid nie. Dit is ook die primêre doelwit van herlewingslandboupraktyke.

Die resultate het aan die lig gebring dat volhoubaar geproduseerde melk staatmaak op gesonde grond waarop voldoende weiding van goeie gehalte groei. Hierdie weiding moet goed benut word en die grootste gedeelte van die voerrantsoen verskaf. Plase wat meer voer op die plaas vir hul koeie produseer, maak meer geld. Die aangekoopte voer wat nodig is, moet doeltreffend in melk omgeskakel word. Kunsmisinsette moet tot die minimum beperk en voedingstofdoeltreffendheid geoptimaliseer word, wat ook met gesonde grond verband hou. Om dít dus te bereik, terwyl melkproduksie geoptimaliseer word, behoort meer volhoubare weidinggebaseerde melk tot gevolg te hê.

In die statistiese ontledings wat deur Trace and Save gedoen is, is grondkoolstof- en stikstofkunsmis-toedieningshoeveelhede negatief gekorreleer. Gesonde grond, wat optimale mikrobiese lewe en struktuur het en vrugbaar is, vereis kleiner kunsmisinsette om optimale weiding en gewasgroei te verkry.

Dit is volgens die studie danksy die verskaffing van voedingstowwe aan plante deur natuurlike voedingstofsiklusse, soos ondersteun deur ’n gesonde, gebalanseerde grondvoedselweb. Aan die ander kant is daar ’n positiewe korrelasie tussen die tellings vir grond, grondkoolstof en water. Gesonde grond, veral die koolstofkomponent, hou meer water vir langer, wat die doeltreffendheid van watergebruik verbeter.

Die bruto marge van elke plaas is bereken as die totale inkomste per liter melk minus die volgende veranderlike koste per liter melk: konsentrate, ruvoer, kunsmis, elektrisiteit en brandstof. Dit is natuurlik nie ’n werklike winsmarge nie, aangesien sommige koste uitgesluit is, soos arbeid, toerusting, infrastruktuur en veearts- en mediese uitgawes.

Die uitgawes wat by die berekening van die bruto marge ingesluit is, gee ’n omvattende insig in watter plase winsgewender is. Gevolglik word hoër marges verbind met ’n kleiner koolstofspoor en beter stikstof- en fosforbenutting. Craig Galloway, ’n navorser oor volhoubare landbou, en die wêreldnatuurlewefonds (WWF-SA) se Sue Viljoen het bevind dat een van die plase sy bruto marge van 2013 tot 2019 met 43% verhoog het deur veranderinge toe te pas wat deur Trace and Save voorgestaan ??word.

“Ons is tevrede met die praktyke van die boere met wie ons gewerk het, en waardeer dit dat Nedbank en WWF-SA saam met ons op hierdie reis is,” sê Galloway.

“Ons hoop dat hierdie navorsing boere en die res van die bedryf sal aanmoedig om meer volhoubare maniere van boerdery toe te pas. Herlewingsboerdery is iets wat nou al ’n rukkie op ons radar by die WWF-SA is. Ons was bly om betrokke te raak om die tyd en hulpbronne te gebruik om bewyse te verskaf oor die voordele van herlewingsboerdery,” sê Viljoen.

“Hierdie navorsing is kosbaar en sal ver gaan om boere te help om winste te verhoog, terwyl hulle die regte ding vir die omgewing doen,” sê Herman de Kock, uitvoerende hoof van besigheidsbankdienste by Nedbank. “Volhoubaarheid is noodsaaklik vir ons by Nedbank, en ons is altyd gereed om ’n helpende hand uit te reik om ons boere te help om hul besighede te laat groei.”

Wat opmerklik is, is dat die resultate presies getoon het dat volhoubaarheid beïnvloed word deur die doeltreffendheid van melkproduksie (per hektaar en per lewende gewig, maar nie per koei nie), vanuit ’n omgewingsimpak-, sowel as ’n ekonomiese perspektief. Om die omgewingsimpak te beperk en winsgewendheid te verhoog, moet met melkproduksie waarskynlik nie klem gelê word op die maksimum per koei nie.

’n Mens kan uit hierdie studie aflei dat dit direk in die finansiële belang van melkboere is om aggressief daarna te streef om meer volhoubaar te word. Nie net sal die bereiking van ’n kleiner omgewingsimpak gunstig wees nie, maar daar is ook ’n duidelike besigheidsvoordeel, soos in hierdie navorsing uiteengesit is.

Dit is ’n wensituasie vir boere, vir verbruikers, vir melkverwerkers en vir die suiwelbedryf in sy geheel. Dit is te verstane dat, soos die studie toon, daar finansiële imperatiewe is, maar volhoubare praktyke kan geleidelik toegepas word deur ’n reis van verbetering.

Hierdie artikel is slegs bedoel vir algemene inligtingsdoeleindes en is nie regsadvies nie.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,717.07
-0.5%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,253.00
-3.0%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot