Landbouweekblad se miniatuur PLAASWIELE gaan nie net mooi lyk op die uitstalrak of in die hand nie, maar kan jou ook tot R20 000 ryker maak.
Om te wen is maklik. Neem ’n foto saam met een van die PLAASWIELE, maak ’n draai op Landbouweekblad se Facebook-blad en parkeer jou PLAASWIELE-kiekie in die kommentaarafdeling van ons kompetisieplasing.
Die vier PLAASWIELE – ’n stroper, laaigraaf, kuilvoerkerwer en trekker – is beskikbaar saam met jou gunstelingtydskrif vanaf 5 Augustus tot 14 Oktober 2022.
As jou foto as die wenfoto gekies word, is R10 000 joune. Indien jy ’n Landbou.com-intekenaar is, word die prysgeld verdubbel. Slegs 2000 PLAASWIELE word per uitgawe versprei en is beskikbaar by sommige SPAR- en Checkers-winkels. Die trekkers is in beperkte hoeveelhede beskikbaar, so maak seker jy gaan kyk gereeld of jy een kan kry!
Klik HIER om jou foto op te laai. Die wenfoto word in Landbouweekblad en op Landbou.com gepubliseer. Die kompetisie sluit 14 Oktober 2022
Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes:
Die kompetisie is oop van 5 Augustus tot 14 Oktober Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure skakel. As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Media24 is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke). Om in aanmerking te kom vir die R20 000 moet jy ten tyde van die prystrekking ‘n intekenaar van Landbou.com wees. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om die korrekte besonderhede vir die lewering van die prys te verskaf. Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.