AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wolseisoen tot dusver uit ’n veilingperspektief

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die nuwe veilingseisoen het op 11 Augustus afgeskop.

Die nuwe veilingseisoen het op 11 Augustus afgeskop met die algemene markaanwyser wat met 2,1% gestyg het teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen.

Hierdie styging kom ten spyte van die Australiese mark wat in dieselfde week ongeveer 3,5% laer was. Dit is dus eintlik ’n buitengewone uitslag vir die plaaslike mark aangesien die pryse afgelei word van die Australiese mark.

Die rede vir die Suid-Afrikaanse mark se prestasie kan voor die deur van die aanbieding van RWS- (Responsible Wool Standards) gesertifiseerde wol gelê word. Boonop het die rand met amper 10% verswak sedert die laaste veiling van die vorige seisoen in Junie vanjaar. Van die aanbod was 52% op die veiling RWS-gesertifiseer. Hierdie wol het ’n premie van ongeveer 10% behaal teenoor wol wat nie so gesertifiseer is nie.

Die tweede en derde veilings van die seisoen het ook nie enige vuurwerk opgelewer nie, met geringe beweging in die mark. Markfaktore in China (weens covid-19) plaas ’n demper op kopers-aptyt en die algemene aanwyser ná die derde veiling staan op R164,95/kg. 

Verwikkelingsverslae 

’n Interessante ontwikkeling vir die seisoen tot dusver is die baie trae wollewering deur produsente die afgelope maand of twee. Cape Wools se leweringsverslag wys ongeveer 9% laer lewering vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Weens die trae lewerings is die vierde en vyfde veiling gekombineer aangesien die aantal bale op veiling vier te min was om sinvol te verhandel. Dit wil voorkom of dieselfde kan gebeur met veiling ses en sewe. Hierdie trae lewerings vroeg in die veilingseisoen sal natuurlik lei tot baie druk op die stelsel in die laaste maand of twee van die jaar.

Die trae lewerings is waarskynlik toe te skryf aan die sterk koue fronte wat in Julie en Augustus in groot dele van Suid-Afrika ervaar is. Dit het produsente gedwing om die skeer van kuddes uit te stel.

Ook interessant ná die eerste drie veilings is die sterk aanbod van RWS-gesertifiseerde wol, asook die uitstekende premies wat met hierdie wol verdien is bo nie-gesertifiseerde wol. Uit die sterk aanbod kan afgelei word dat daar ’n groot poging is om produsente te sertifiseer. Dit is duidelik uit die goeie premies wat verdien word, dat die vraag na gesertifiseerde wol baie sterk is en dat sertifisering oor die algemeen tot voordeel van ’n produsent is.

Ander faktore van belang is die uitmergelende droogte wat steeds die sentrale gedeeltes van Suid-Afrika in ’n greep het. Dit sal uiteraard lei tot laer produksie in streke wat in die algemeen bekend is vir wol van uitstekende gehalte.

Die situasie rondom Suid-Afrika se uitvoerhawens bly kommerwekkend. Die swak dienslewering en produktiwiteit van hawens lei tot enorme skade, nie net vir uitvoerders van landbouprodukte soos wol nie, maar ook vir Suid-Afrika in die geheel in die vorm van buitelandse valuta wat verlore gaan.

Navrae:

0519234500

E-pos: klantediens@ovk.co.za

Web: https://www.ovk.co.za/Home

Wol: https://www.ovk.co.za/Products/Page/20/Wool

Sybokhaar: https://www.ovk.co.za/Products/Page/21/Mohair

Vesel:

Jacques le Roux – Hoofbestuurder Vesel (Wol en Sybokhaar)

Landlyn: 041 406 7552

Selfoon: 082 333 7973

E-pos: jacqueslr@ovk.co.za


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
-0.9%
Rand - Pond
20.19
+0.2%
Rand - Euro
17.59
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,716.45
-0.6%
Silwer
20.70
-1.8%
Palladium
2,258.50
-2.8%
Platinum
923.65
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot