
Mnr. Stephan Nel het amptelik op 1 Desember 2022 die rol as besturende direkteur van Case IH oorgeneem. Hy neem met dié aanstelling verantwoordelikheid vir die leierskap en ontwikkeling van die Case IH-handelsmerk en die Northmec Implemente-afdeling.
Sterk bande met hul familieboerdery in Mpumalanga en ondervinding in die landboumeganisasiebedryf wat oor ’n dekade strek, verseker Stephan het sterk vaardighede wat hom ideaal maak vir hierdie belangrike posisie. Sy vroeë ervaring sluit belangrike rolle in verkope, strategiese beplanning, handelaarsontwikkeling, kliënte- en produkbestuur, asook bemarking in Afrika suid van die Sahara en die Midde-Ooste. Oor die jare het hy verskeie gesogte toekennings in die landboubedryf verower.
Stephan het die graad in BSc in landbou-ekonomie en besigheidsbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf.
Die maatskappy is opgewonde om Stephan in hierdie belangrike posisie te verwelkom en sien uit na die waarde wat sy energie en kundigheid vir die maatskappy gaan ontsluit.
Stephan is getroud met Sanet en hulle het twee dogters.
“Ons wens hom alle sterkte toe in sy nuwe pos en ons is vol vertroue dat hy ’n beduidende bydrae tot die groei en sukses van die CNH Industrial-groep gaan lewer,” sê CNH Industrial in ’n verklaring.