AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

KYK! Koeie se kloue maak Skot ’n YouTube-ster

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Skermgreep
Foto: Skermgreep
’n Mens sou nie dink dat die versorging van koeie se kloue iets is wat mense sou fassineer nie.

Mnr. Graeme Parker (38), ’n Skot wat ’n loopbaan daaruit gekerf het, se 200 video’s op YouTube het egter al miljoene kykers gelok en sy kanaal, The Hoof GP, spog met bykans 500 000 intekenaars.

Hy het al tussen 160 000 en 170 000 koeie se kloue behandel.

Om koeie se kloue te versorg is baie soos om ’n mens se hakke te skuur of toonnaels te knip. Dit dien egter ’n veel belangriker doel. Parker verduidelik in sy video’s dat die oogmerk is om die koeie se gewig eweredig oor die kloue te versprei en mankheid te voorkom.

Terwyl dit ’n sinvolle verduideliking is vir waarom koeie se kloue versorg moet word, sal verskeie van die video’s sommige mense moontlik ongemaklik maak omdat dit so ’n nabye blik gee op wat alles met koeie se kloue verkeerd kan gaan. Van krake tot swere, digitale dermitits en ander trauma is alles op die video’s te sien. In een word daar selfs ’n tand uit ’n klou verwyder.

Die verskeidenheid van toestande op koeie se kloue en probleme wat hy moet bestuur, is egter wat Parker lief vir sy werk hou. “Ek kan ’n koei vat wat sukkel om te loop en haar weer heeltemal gesond maak – en ek word betaal daarvoor,” vertel hy in een van die video’s.

Een van die indrukwekkendste elemente van sy video’s is die drukgang wat hy gebruik om die koeie te immobiliseer terwyl hy aan hul kloue werk. Dié drukgang, wat gespesialiseerd en hoogs meganies is, het $109 000 gekos. Die eerste gespesialiseerde drukgang wat hy gebruik het, het hy self vir $4 000 gebou.

Voor hy, soos hy homself noem, ’n “naeltegnikus vir koeie” geword het, was Parker onder meer ’n slagter en bemarkingsbestuurder. Hy versorg nou al 10 jaar lank koeie se kloue en beoog om dit vir die afsienbare toekoms te doen.

Parker bied ook opleiding en aanlyn kursusse aan oor hoe om koeie se kloue te versorg.

Besoek sy YouTube-kanaal, The Hoof GP, by https://www.youtube.com/channel/UCo4S-ThBT3KDDHAMvKw2SQg. Volg hom ook op Facebook en Instagram.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.1%
Rand - Pond
19.29
+0.2%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,630.45
+0.5%
Silwer
18.41
+0.3%
Palladium
2,073.50
+1.5%
Platinum
852.00
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot