AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Storm Ana kuier by boere in Williston

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Me. Nestie Smit het die foto op haar man JD se plaas De Nek sowat 74km buite Williston geneem. Hulle het sowat 54 mm reën gehad sedert die begin van die week gehad.
Me. Nestie Smit het die foto op haar man JD se plaas De Nek sowat 74km buite Williston geneem. Hulle het sowat 54 mm reën gehad sedert die begin van die week gehad.
Die laagdrukstelsel waartoe die tropiese storm Ana verswak het, het nog net enkele plase in Williston nie besoek nie, maar sal hopelik vandeesweek haar opwagting daar maak.

Lekker reën het sedert Sondag oor Williston uitgesak danksy die laagdrukstelsel waartoe die tropiese storm Ana verswak het. Mnr. Wilhelm Steenkamp van Williston sê in die noordelike gedeeltes van die distrik is van 40 mm tot 70 mm reënval gemeet.

“Reën word nog vir vandag en môre voorspel. Die vooruitsigte lyk daarom goed. Daar is een of twee plase wat nog nie so lekker reën gehad het nie en sedert verlede jaar nog net sowat 50 mm reën gehad het. Hulle sal hopelik vandeesweek ook reën kry.”

Steenkamp sê daar word gespot dat Ana by die boere kom kuier en dat sy hopelik vandag en môre nog vir hulle sal “mooi maak”.

Mnr. Wilco Fourie van Groblershoop sê hulle het sedert gister meer as 60 mm reën gehad en dat dit tans steeds daar reën.

Mnr. Johan Fourie van Victoria-Wes sê sagte reën het van gister af van tyd tot tyd geval. Die distrik het volgens hom van 2 mm tot 18 mm gehad, maar die meeste mense het 5 mm tot 6 mm gekry.

Reën Upington
Me. Bettie Bornman het dié foto sowat 70 km van Upington geneem. Sy sê dit het al so baie hier gereën dat die grond nie meer die water kan absorbeer nie. Foto: Facebook/Reënval in SA

Groot reën, groot skade

Mnr. Dries Wiese het plase by Loxton, Van Wyksvlei en Vosburg. Hy vertel Loxton het sedert Oktober verlede jaar 252 mm reën gehad waarvan sowat 40 mm sedert die begin van die week geval het. Hy sê dit lyk of die volgende buie reeds besig is om op te bou. Vosburg het gister tot 40 mm reën gehad.

Terwyl daar geringe skade weens die reën by Loxton en Vosburg was, is grootskaalse skade by Van Wyksvlei aangemeld. Wiese vertel ’n aantal van sy paaie en walle het weens die reën verspoel. Hy kon nog nie met sy personeel daar praat om vas te stel hoe groot die skade is nie.

Mnr. Carel van der Merwe se plaas Stofbakkies by Van Wyksvlei het 135 mm reën oornag gehad. Volgens Netwerk24 is die veld op die plaas onder 1,4 m water.

Mnr. Stephan van der Merwe van Britstown sê die distrik het van gistermiddag tot vanoggend van 15 mm tot 70 mm gehad. Die grootste gedeelte van die distrik het gemiddeld 30 mm gehad. “Die weer is nog nie verby nie en ons hoop om later vandag of vanaand en môre nog reën te kry.”

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê hulle is baie dankbaar vir die vooruitsigte op reën. Die laagdrukstelsel het die potensiaal om veral oor die droër gedeeltes van die provinsie wydverspreide buie te bring.

Agri Noord-Kaap sal teen die einde van die week ’n opname maak om te bepaal wat die totale reënval in die provinsie was. “Tot dan sal ons vertrou dat die voorspellings sal realiseer en wydverspreid sal voorkom. Ek vertrou dat ons teen Vrydag goeie neerslae sal kan rapporteer.”

Hy sê neerslae in die Benede-Oranjerivier het ongelukkig skade aangerig aan wingerde waar rosyntjies nog geoes moes word. Dit kan veroorsaak dat die korrels bars. Die reën kan ook die uitdroog van die rosyntjies bemoeilik. “Dit is ongelukkig hoe dit met weerpatrone gaan. Terwyl die reën die ekstensiewe veldgebiede baie aanhelp, is dit ongunstig vir die gebiede waar oeste nog op die lande is.”

Mnr. Henning Grobler van die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Ana is iets van die verlede en die huidige reën kom vanweë ’n laagdrukstelsel voor.

Volgens Grobler kan die hele Noord-Kaap vandag en môre goeie reën- en donderbuie verwag waarna die laagdrukstelsel ooswaarts na die oostelike gedeeltes van die Noord-Kaap en suidelike gedeeltes van die Vrystaat sal beweeg.

Teen Vrydag behoort die stelsel oor Gauteng en KwaZulu-Natal te beweeg. Dit sal na verwagting gedurende die naweek opklaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot