Kennis van hulpbronne – veral wat graan- en ekstensiewe veeproduksie betref – raak nou belangriker as ooit.
Volhoubaarheid van landbouproduksie, veral in Suid-Afrika, het ’n paar pilare. Die belangrikste is seker dat landbouproduksie van enige aard winsgewend moet wees, en tweedens dat daar voorsien moet word in die voedsel- en veselbehoeftes van die mense van ’n gebied of land, of selfs globaal. Derdens moet dit nie die hulpbron beskadig of laat agteruitgaan nie, en vierdens moet die soort boerdery ook sosiaal aanvaarbaar wees.
Suid-Afrika is die 39ste droogste land ter wêreld met ’n jaarlikse gemiddelde reënval van 460 mm tot 470 mm. Colombia is die natste land met gemiddeld 3 240 mm per jaar (sien kaart).