AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Baie reën beslis nie ‘nuwe normaal’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Het die voorkoms van baie reën ’n nuwe neiging geword het as gevolg van klimaatsverandering?

Goeie neerslae het van middel November af wyd oor Suid-Afrika voorgekom en talle mense bespiegel dat die voorkoms van baie reën ’n nuwe neiging geword het as gevolg van klimaatsverandering. “Die antwoord op die vraag of dit die nuwe normaal is, is ’n besliste nee, hoewel klimaatsverandering wel ’n bydrae in die neiging kan lewer,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Die huidige besonder nat toestande is hoofsaaklik as gevolg van die effek van die heersende La Niña-verskynsel met die seeoppervlaktemperature van die Indiese Oseaan wat ook vanjaar ’n bydrae gelewer het.”

Volgens Van den Berg word die effek van die oormaat reën dié somer versterk omdat dit voorafgegaan is deur ’n La Niña-stelsel in die 2020-’21-somerseisoen wat watervlakke in dele van Suid-Afrika reeds aangevul het. “Hoewel dit twee afsonderlike stelsels was, was daar steeds oorblyfsels van die 2020-’21-stelsel wat die effek van die 2021-’22-stelsel versterk het.”

Volgens weerrekords het soortgelyke omstandighede van 1974 tot 1976, 1998 tot 2000 en 2010 tot 2012 geheers, en die toestande het aanleiding gegee tot grootskaalse oorstromings in dele. “Die vloed van 1988 was egter ’n eenjarige gebeurtenis, en dit was die gevolg van die ontwikkeling van ’n sterk La Niña-stelsel.”

Wat van die res van die seisoen?

Van den Berg sê reënval van 50 mm en meer kan tot 18 Januarie oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die noordelike dele van die Oos-Kaap en die suidelike dele van Limpopo voorkom. “Weermodelle dui aan dat ’n hoogdrukstelsel oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika gaan ontwikkel in die laaste week van Januarie tot die eerste deel van Februarie, wat gevolglik gaan lei tot minder reën oor die sentrale tot noordoostelike dele soos die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal.”

’n Tropiese laagdrukstelsel gaan later vandeesmaand in die omgewing van die Mosambiekkanaal ontwikkel, met gevolglike swaar reën oor Mosambiek en suidooswaarts oor Madagaskar. Dié stelsel sal bydra tot minder reën oor Suider-Afrika.

Volgens Van den Berg het tropiese vog tot dusver die seisoen hoofsaaklik vanaf Angola suidooswaarts oor Botswana beweeg na Suid-Afrika en swaar reën oor die sentrale tot oostelike en suidoostelike gebiede veroorsaak. “Dit lyk egter asof die tropiese vog nou meer weswaarts oor Namibië suidwaarts gaan beweeg, wat gaan veroorsaak dat reën in die res van die maand meer oor die sentrale tot westelike dele gaan voorkom, met minder reënval oor die oostelike en veral noordoostelike dele.”

Verdere reën word ook later in die somer verwag, veral vanaf die tweede deel van Februarie. Die verwagting is dat daar in Maart en April baie reën oor die sentrale tot westelike dele gaan voorkom en minder reën oor die oostelike dele van die land. Reën word dan ook oor die droë dele van die Noord- en Oos-Kaap verwag.

En die 2022-’23-seisoen?

Dis nog baie vroeg in die jaar vir voorspellings oor volgende seisoen, maar Van den Berg sê weermodelle dui aan dat die kans goed is dat daar in die somer van 2022-’23 meer na El Niño-toestande geneig gaan word, wat droër toestande oor die sentrale dele van Suid-Afrika gaan veroorsaak.

“Dit sal waarskynlik nie as ’n droogte ervaar word nie omdat daar baie oordraggrondwater gaan wees, maar gewasse kan sukkel in grond met ’n swakker waterhouvermoë. Die watertafelgronde in veral die Noordwes-Vrystaat wat tans baie erge versuiptoestande ervaar, kan dan weer goed vaar met goeie opbrengste.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot