AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Boere bereken skade ná groot hael by Bethlehem

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Op hierdie lugfoto’s wat die volgende oggend geneem is nadat ’n groot haelstorm ’n gebied tussen Bethlehem en Lindley getref het, lê die hael steeds so dik soos sneeu. Foto: Orsmond Lugbespuiting
Op hierdie lugfoto’s wat die volgende oggend geneem is nadat ’n groot haelstorm ’n gebied tussen Bethlehem en Lindley getref het, lê die hael steeds so dik soos sneeu. Foto: Orsmond Lugbespuiting
Groot skade is aangerig toe ’n hewige haelstorm die gebied tussen Lindley en Bethlehem Dinsdagaand getref het.

Boere bepaal nog die omvang van die skade, maar dit is veral sojaboon- en mielie-aanplantings, aartappellande en selfs appelboorde wat deurgeloop het. Die dakke van werkershuise het ook onder die vrag hael meegegee.

Hoewel haelstorms hierdie tyd van die jaar nie ongewoon in die Oos-Vrystaat is nie, is die lande wat reeds papnat is van die bonormale neerslag in November nou só nat ná die hael dat daar min sprake kan wees van betyds oorplant voor die optimale planttydperk verby is.

Mnr. Arnold Naudé, wat sowat 15 km van Bethlehem op die pad na Lindley boer, sê dit was ’n verskriklike storm met meer as 90 mm wat binne 45 minute op sy plase Rondeheuwel en Merwede geval het. Die storm het tussen 17:30 en 18:00 losgebars. “Dit het daardie hele 45 minute gehael en dit was die hele tyd werklik hard.”

Hy vertel hy het die onheilspellende wolke sien opsteek en met kommer dopgehou. “Ons weer kom gewoonlik uit die weste, maar hierdie storm het uit die suidooste gekom. Hy het eers verbygegaan, maar toe draai hy en kom terug van Bethlehem se kant af.”

Aanplantings op die plase is getref, maar Naudé sê hy kan nog nie ’n beraming van die skade gee nie, die versekering sal nog bepaal wat die werklike skade was. “ ’n Mens wag nou maar eers om te kyk watter plante gaan dood.”

Mnr. Leenderd Haasbroek, Naudé se buurman, boer op die plaas Brakfontein met melkbeeste. Hy sê hulle het net klaar gebraai en ingekom huis toe omdat die weer opgesteek het. “Die volgende oomblik het ons net ’n gesuis gehoor en toe begin die hael kwaai val.”

Haasbroek sê die haelkorrels was nie besonder groot nie, maar dit was die intensiteit waarmee dit geval het en die massa haelkorrels wat die groot skade aangerig het. Dit het die volgende oggend (Woensdag) soos sneeu gelyk met hael wat tussen 200 mm en 300 mm dik op die pad tussen Lindley en Bethlehem gelê het. “Die teerpad was toe vir omtrent drie uur en my een buurman moes vyf of ses karre uit die pad sleep.”

Hy sê sy eie woonhuis se sinkdak het op plekke gelek waar die hael by die laste deurgedring het. “Maar my arme werkers se huise met die plat dakke het erg deurgeloop en hulle het baie skade gehad. Hulle moes alles uitdra om droog te word.”

Haasbroek sê hy het baie laat geplant weens die aanhoudende reën die afgelope weke en daarom was sy mielies nog baie klein. “Die lande het baie gespoel en die gesaaides wat nou net opgekom het, is weggeslaan. Ek glo nie ek sal die volgende twee of drie weke in ’n land inkom nie. Ek sal daarom waarskynlik nie kan oorplant nie. Ons het regtig nog nooit so ’n haelbui beleef nie.”
hael
’n Haelman is deur Leenderd Haasbroek se gesin gebou. Foto: Verskaf

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.4%
Rand - Pond
21.02
-0.6%
Rand - Euro
18.76
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,916.08
+0.2%
Silwer
23.46
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,798
+0.2%
Alle aandele
79,996
+0.2%
Hulpbronne 10
74,959
+0.4%
Industriële 25
102,928
+0.3%
Finansiële 15
16,511
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot