AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Dele van SA kry eerste koue, nog somerreën voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën sak aan die begin van Oktober oor Hazyview in Mpumalanga uit. Foto: Alani Janeke
Reën sak aan die begin van Oktober oor Hazyview in Mpumalanga uit. Foto: Alani Janeke
Die eerste ligte ryp van die herfs het die naweek plek-plek in laaggeleë dele van Suid-Afrika voorgekom, terwyl tropiese vog die volgende twee weke reën na dele van die land kan bring.

’n Swak koue front gaan van môre af oor die westelike dele van Suid-Afrika beweeg en bewolkte toestande sowel as reën vir die grootste deel van die winterreëngebied bring. Minder as 5 mm word verwag, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Verdere ligte reën is moontlik rondom 3 tot 6 April.

Van den Berg sê vir ten minste die volgende twee weke gaan maksimum temperature tussen 20 °C en 25 °C wees. Dit gaan waarskynlik die koelste periode wees vanaf begin Januarie oor dele van die winterreënstreek.

Terselfdertyd gaan ’n hoogdrukstelsel in die volgende twee weke reënval oor die noordoostelike dele Suid-Afrika, die oostelike deel van Botswana, die suidelike dele van Zimbabwe en Mosambiek beperk. Tropiese vog wat oor Namibië beweeg, gaan volgens voorspellings van 31 Maart tot 10 April reënbuie veroorsaak oor die noordelike en oostelike dele van die Noord-Kaap, die suidelike dele van die Vrystaat, bykans die hele Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Van den Berg sê vanaf ongeveer 5 April gaan dié reën tot aan die einde van die tweede week van April noordwaarts skuif.

Ryp en koue

’n Swak frontale stelsel het die afgelope week koue lug oor Suid-Afrika ingebring en minimum temperature plek-plek redelik skerp laat daal, terwyl dit in laaggeleë dele ligte ryp veroorsaak het. “Die groot bekommernis is die minimum temperature wat vanaf 24 tot 28 Maart oor groot dele van die somergraangebied tot onder 10 °C gedaal het,” aldus Van den Berg.

“Hoewel daar die afgelope week nie ryp voorgekom het wat skade veroorsaak het nie, word die groei en ontwikkeling van oeste vertraag as temperature tot onder 10 °C daal. Die huidige lae temperature gaan veral ’n uitwerking hê op laat aanplantings van sojabone en mielies, wat nog tot die laaste deel van April moet ontwikkel.”

Lae minimum temperature is onder meer gemeet in die distrikte van Koppies, Viljoenskroon en Wesselsbron in die Vrystaat met onderskeidelik 6 °C, 7,1 °C en 7,5 °C, terwyl 7,9 °C by Devon in Gauteng en 9,5 °C by Prieska in die Noord-Kaap gemeet is.

Rypskade

Van den Berg sê ryp kan begin voorkom in laaggeleë dele as minimum temperature soos gemeet in ’n weerstasie tot onder 5 °C daal. “Minimum temperature is oor die algemeen laer in plantkomponente soos blare, koppe of peule wat aan die lug blootgestel is omdat daar vog op die blare is wat kan verdamp en verkoeling veroorsaak.

“In ’n weerstasie is die termometers beskerm teen uitstraling van hitte-energie en temperature daal nie so erg soos vir die blare wat aan die lug blootgestel is nie. Dit is dus verkeerd om te aanvaar dat 0 °C gemeet by ’n weerstasie die temperatuur is waar rypskade begin voorkom, want dit kan dikwels al reeds groot rypskade verteenwoordig.”

Volgens Van den Berg ondervind boere weens die weerstoestande ook probleme om voer te sny en te baal. Hoewel minder reën die afgelope tyd voorgekom het, is lugvog steeds baie hoog en verhinder dit dat lusernboere vinnig hooi kan maak. “Dit maak besluite soos oor wanneer om lusern, tef en ander voergewasse te sny baie moeilik, want daar kom nog byna weekliks reën voor.”

Van den Berg sê daar is nie ’n ernstige risiko vir swaar ryp voor die laaste week van April nie, maar die risiko verhoog in die eerste week van Mei. Die lae temperature wat die bewolkte, koeler en nat toestande kan veroorsaak, kan wel probleme veroorsaak. “Die groot probleem vir somergrane in die volgende paar weke is eerder lae minimum temperature onder 10 °C en nie noodwendig ryp nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.28
+0.6%
Rand - Euro
19.61
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
969.15
+1.0%
Palladium
1,436.92
+1.4%
Goud
1,962.59
-0.6%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot