AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Desember 2021 sal onthou word as ‘n baie nat maand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Boer van Balfour in Mpumalanga se elektroniese reënmeter het die tweede naweek van Desember 2021 274,2 mm reën binne 'n uur op sy plaas gemeet. Een van sy plaasdamme se walle het weens die swaar neerslae gebreek. Foto: Danie Bester
'n Boer van Balfour in Mpumalanga se elektroniese reënmeter het die tweede naweek van Desember 2021 274,2 mm reën binne 'n uur op sy plaas gemeet. Een van sy plaasdamme se walle het weens die swaar neerslae gebreek. Foto: Danie Bester
Desember 2021 gaan nog lank onthou word vir die swaar neerslae wat oor groot dele van Suid-Afrika voorgekom het.

Bogemiddelde reënval het binne die eerste 10 dae van Desember oor groot dele van Suid-Afrika voorgekom, met dele waar tot 1 000 mm geval het, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens luidens ’n verklaring.

reënvalkaart
Hierdie reënvalkaart dui die neerslae in die eerste 10 dae van Desember aan. Volgens die weerdiens dui die blou kleure bo-normale reënval aan en die donkerder geel kleure onder-normale reënval aan. Kaart: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Volgens die weerdiens se neerslagkaart vir September, Oktober en November het die grootste deel van Suid-Afrika gemiddelde tot bogemiddelde reënval in die kwartaal gemeet. Veral die westelike binneland het verligting van droogtetoestande gekry.

reënvalkaart
Die reënvalkaart dui die persentasie van normale reënval gedurende September, Oktober en November 2021 aan. Die blou kleure dui bo-normale neerslae aan en die donkerder geel kleure dui onder-normale reënval aan, sê die weerkantoor. Kaart: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Die weerdiens sê dat La Niña-toestande na verwagting gaan voortduur met ’n goeie kans op bogemiddelde reënval in die eerste ses maande van 2022.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê hoewel minder reën oor die somerreëngebied ná die feestyd verwag word, is die kans goed op baie reën oor die sentrale en veral oostelike gedeeltes van dié gebied vanaf die tweede deel van Januarie. Die neerslae kan vanaf Februarie weswaarts uitbrei.

Desember 2021 sal onthou word as ’n baie nat maand, ook oor dele van die Wes-Kaap wat gewoonlik gedurende die winter reën kry. “Desember is gewoonlik baie warm en droog, maar Desember 2021 was nie net nat nie, maar ook baie koel. Byvoorbeeld, die gemiddelde maksimum temperatuur van Bloemfontein vir Desember is ongeveer 31 °C. Tot 19 Desember was daar egter net drie dae waar die maksimum temperatuur bokant 31 °C was.”

Van den Berg sê die lae temperature en baie bewolkte toestande het tot gevolg dat die groei en ontwikkeling van somergraangewasse baie vertraag word.

Hoekom wissel die klimaat soveel?

Van den Berg sê een van die belangrikste redes vir wisseling in die klimaat is die sogenoemde Enso- (El Niño Suidelike Ossilasie) verskynsel, met die twee fases van El Niño en La Niña. In ongeveer die helfte van jare kom nie een van die twee fases voor nie. Enso is dan neutraal.

El Niño en La Niña is verantwoordelik daarvoor dat veral die midsomermaande se reënval en temperature baie verskil tussen verskillende seisoene. ’n La Niña-verskynsel, soos wat tans die geval is, is gewoonlik verantwoordelik vir natter en koeler toestande vanaf ongeveer November tot Maart, met die stelsel se effek wat geleidelik meer weswaarts skuif en weerpatrone affekteer tot selfs in Mei. “Gedurende La Niña-fases is daar ver bogemiddelde reënval, en tydens El Niño-verskynsels ver ondergemiddelde reënval.”

Tydens La Niña-seisoene is dit bykans onmoontlik om koring in die binneland te stroop, lusern te sny en hooi van goeie gehalte te maak of om op sekere tipe gronde suksesvol kontantgewasse te verbou.

Die droë periodes tydens La Niña-seisoene is baie kort en daar is weinig periodes wat lank en droog genoeg is om byvoorbeeld lusern te sny en droog te maak. “Met die huidige situasie waar insetkoste baie hoog geword het en steeds styg, kan selfs gemiddelde oeste nou nie meer winsgewend wees nie, laat staan nog agtereenvolgende misoeste of verlore lusernsnysels. Dieselfde met gronde wat maklik versuip soos die watertafelgronde van die Noordwes-Vrystaat of vlakker gronde wat redelik gelyk is en baie min afloop toelaat.”

Verder word weerstelsels ook beïnvloed deur die sikliese aard van veral reënval wat onder meer gekoppel is aan sonvleksiklusse. Agtereenvolgende jare van ondergemiddelde reënval, soos die droogte vanaf ongeveer 2012 oor die westelike en suidwestelike dele van die Noord-Kaap, aangrensende dele van die Wes-Kaap en gedeeltes van die Oos-Kaap, kom gereeld voor.

Volhoubare boerdery in droë gebiede

Op die vraag wat gedoen kan word om volhoubaar te boer in hierdie droë gebiede, antwoord Van den Berg: “Een van die opsies wat oorweeg kan word, is om selektief slegs in goeie jare daar te boer, soos wat die praktyk baie dekades gelede was. Sonder subsidies is dit onmoontlik om volhoubaar te boer en aan die ander kant is dit ook nie volhoubaar om te verwag dat subsidies die normale droogtepatrone moet versag nie, want die tydperk van ondergemiddelde reënval is net te lank.”

Van den Berg sê in die afgelope ongeveer 100 jaar het ’n plek soos Pofadder in die Noord-Kaap in meer as 35% van dié jare droogtetoestande en dus ondergemiddelde reënval ervaar wat vir langer as vier jaar aanmekaar geduur het.

“Dit is tans belangriker as ooit om te besin hoe om ’n langertermynstrategie te volg en om meer buigbaar te wees óf om geografies te diversifiseer, óf te diversifiseer ten opsigte van boerdery-aktiwiteite óf om buite landbou te diversifiseer. Hierdie besluite kan net geneem word tydens redelike goeie produksiejare voordat daar weer ’n krisis ontwikkel. Die kwessie is hoe om dit prakties en ekonomies uitvoerbaar te maak,” sê Van den Berg.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot