AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Desember kan baie reën bring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Willem van den Berg
Foto: Willem van den Berg
Van Sondag af verbeter die kans op reën, en na verwagting gaan wydverspreide reën oor bykans die hele land voorkom.

Wydverspreide reën word van Sondag af oor groot dele van Suid-Afrika verwag, en ná sowat ’n week van verwagte droër toestande voor Kersfees, word goeie neerslae tussen Kersfees en Nuwejaar voorspel.

Boere wat hooi wil maak en dus wag vir droër toestande, moet korttermynweervoorspellings van 18 tot 25 Desember dophou. Voor en ná hierdie week word reën oor groot dele van Suid-Afrika voorspel.

“Van Sondag (12 Desember) af verbeter die kans op reën. Wydverspreide reën kan oor bykans die hele land voorkom,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Tropiese vog behoort dan meer weswaarts oor Namibië af te beweeg. Neerslae van meer as 50 mm is moontlik tot 17 Desember oor Limpopo, Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Redelike swaar neerslae is ook moontlik oor die noordelike dele van die Oos-Kaap.”

Van den Berg sê in dié tydperk word van 10 mm tot 20 mm oor die res van Suid-Afrika voorspel, wat die westelike dele van die Noord-Kaap, die Weskus en die winterreëngebiede insluit. Die noordoostelike dele van Namibië en die aangrensende noordwestelike dele van Botswana kan ook neerslae van meer as 30 mm verwag, terwyl die sentrale tot suidoostelike dele ligter neerslae kan verwag.

Feestyd en La Niña

Droër en warmer toestande word vir die week voor Kersfees voorspel, veral oor die sentrale tot westelike dele. Tussen Kersfees en Nuwejaar gaan die oostelike dele weer reën kry en die neerslae sal in Januarie 2022 voortduur. Die toestande vir reën lyk baie goed oor veral die sentrale tot meer oostelike provinsies in die volgende weke, hoewel daar weswaarts ligte reën kan voorkom.

Die La Niña-verskynsel versterk steeds en dit is goeie nuus vir verdere reën volgende jaar. Die effek van La Niña het effens later as normaal begin deurwerk en die somerreënseisoen lê nog voor. Verdere swaar reën word veral in Januarie en Februarie 2022 verwag. Dit is moontlik dat daar rondom Februarie ’n effense droër tydperk oor die oostelike dele kan voorkom.

Aanbevelings

Van den Berg sê hoewel erge haelskade al hierdie somer ervaar is, het daar tydens die groot reënstelsel van die afgelope naweek min hael voorgekom. Dit kan wees dat minder hael van nou af gaan voorkom, maar hael en haelskade bly baie onvoorspelbaar en lukraak.

Buiten dat boere aangeraai word om die droër week te benut om hooi te maak, beveel Van den Berg aan dat somergraanaanplantings so gou moontlik voltooi word.

Hy raai boere ook aan om hul diere betyds in te ent en gereeld te doseer, met die nat toestande wat veral inwendige parasiete by kleinvee vinnig kan laat vermeerder.

Verder moedig hy boere aan om enige sprinkane so vinnig as moontlik aan te meld, aangesien die afgelope tyd se reën daartoe kan lei dat die verspreiding van die swerms wat tans voorkom, binne die volgende paar weke ernstige afmetings kan aanneem.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot